BMW Motorcycle Club Pretoria
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
Latest topics
» K 1200 GT FOR SALE ASKING R112 000.00 ono
by STEVE 19th November 2010, 13:45

» Three week Bliss
by Corlia 19th July 2010, 09:39

» From the UK - new element found in SA
by DaveS 7th July 2010, 18:53

» Tourmaster Airflow Pants
by Heretic 7th July 2010, 08:02

» Forum lockdown
by Admin 6th July 2010, 22:17

» New website, new forum!
by Marnus 6th July 2010, 20:10

» Who Will Win The Soccer World Cup
by 1150 adventure 4th July 2010, 12:06

» New forum?
by LeRoy Olivier 2nd July 2010, 10:40

» Your favourite photos
by Gert_GS_650 1st July 2010, 06:32

» NEW Clubhouse
by Thomas 30th June 2010, 21:44

Who is online?
In total there are 9 users online :: 0 Registered, 0 Hidden and 9 Guests

None

[ View the whole list ]


Most users ever online was 181 on 10th February 2021, 11:40
Statistics
We have 359 registered users
The newest registered user is Kruger

Our users have posted a total of 17455 messages in 1456 subjects

Perske's 2009 Solo

+13
Mud Pooh-bah
Corlia
Sias
Joe
Marnus
DeonP
DaveS
JR
KnopKop
Admin
Wahl
GSlady
Perske
17 posters

Page 1 of 2 1, 2  Next

Go down

Perske's 2009 Solo Empty Perske's 2009 Solo

Post by Perske 17th April 2009, 17:47

Perske's log 29 March:

Train trip van Johannesburg na Kaapstad. Dit is nou kommervry en gesellig. Seker 95 % Afrikaans sprekendes op JB Tours. Hulle sal ons as groep akkommodeer met 'n spesiale versoek. Ek is nou dik in met hulle. Die trein volg 'n roete wat nog deur min gesien is. Kan jy glo ek het meer wild gesien as op 'n Kruger morning drive.

Perske's 2009 Solo DSC_0035sepiacopy

Perske's log 31 March:

Die 45 km/h suid-oos waai jou onderstebo, behalwe op Clifton is dit stil...slegs die wind. Ek lê in die son van vroeg tot laat....die res is slegs vir oor 18’s..die meisies moet vreeslik arm wees daar want hulle kan nie al hulle klere bekostig nie.

Perske's log 1 April:

Kies koers na Kaap Agullas, al kuslangs. Vanaf die Strand kruip die pad weg vir die wind agter die berg. Ek besef nou daai stukkie pad het te vinnig verby gegaan...ek sal moet terug.
Ek ontmoet die Louws (pa en ma van die Stormer) op Hermanus. Francois nooi my na hul gastehuis waar hy vinnig sy ryklere aantrek en op sy Dakar spring. Ons is saam daar weg nadat ek hom aan die brand moes stoot. 30 Km later toe hy hom 'toets' kom ons agter dat die pappery nie genoeg gelaai het nie. Ek stoot hom toe vir seker oor 'n half kilo tot ek net soos die pappery lyk. Dis toe dat ek die 'oom GS' gaan haal en ek sleep hom aan die brand met tiedowns. Ek het al gehoor dit kan gedoen word, maar nou weet ek hoe. Linker feetrest voor na regs agter op die ander fiets. Hy ry dan soos in staggerd formasie. Sleep hom in 2de en hy los sy koppelaar stadig in 2de. Die agterwiel sleep as hy hom vinnig los. Die agterste fiets rem die 'trein' as hy gevat het. Peanuts!

60 km/h S-Ote wind op die grondpad tussen Hermanus en Bredasdorp is tricky en met tye 'n riller, veral as die wind reg van die kant is en daar is 'n klipperige gruis oppervak. Al gesien hoe hardloop 'n krap @ 120?

Ek slaap toe eerder by die backpackers op Struisbaai. Wraggies goedkoper as die karavaanpark en regtig skoon en gerieflik. Malan, die eienaar ontwerp bote vir 'n werk en sy vrou bedryf die karaktervolle 35 bed plek. Juan, wat ook daar werk, trek toe 'n 5 kg Leervis uit by die hawe. Wag vir die foto van die een wat nie weggekom het nie.

Perske's 2009 Solo DSC_0039

Perske's 2009 Solo DSC_0041

Perske's 2009 Solo DSC_0048

Perske's 2009 Solo DSC_0066

Perske's 2009 Solo DSC_0091

Perske's log 2 April:

Nou is ek keelvol vir die wind en weet dat dit sommer beter sal wees op Glentana, my volgende bestemming.

Ek stop vir 'n foto van 'n ou ossewa op die N2. Vra toe 'n ou om die foto te neem toe sy duitser vrou vra 'did I see you yesterday in CapAgullas'? Nou ja die Beemer met sy pakkaas trek nogal aandag.

Af van die N2 en op @ Trudouwspas na Barrydale, nou is ek op route 62 op pad na Oudtshoorn. Hier ry ek verby 'n bouval met 'n klomp karre wat rondstaan...Ronnie's sex shop... Wel jy kry 'n burger en 'n coke daar..dis al. Al wie verby ry is die mense met kinders in die kar, die res draai af...100% van hulle. Al wat 'suspect' is van die plek is 'n paar stuk onderklere wat aan die dak hang. Dis maar duidelik dat dit geplant is want dit lyk of die ontwerper 'n tentmaker was.

Perske's 2009 Solo DSC_0103

Perske's 2009 Solo DSC_0109

Perske's log 3 April:

Kuier by Hermien se broer op Mosselbaai.

Kry 'n paar mense om my fiets op Hartenbos na ek gou gaan swem het...hulle lees die graffiti op my panniers. Vat my seker 'n uur om daar weg te kom. Een ou is van Pta en hy het ook 'n GS wat hy nie saamgebring het nie...ek dink hy het gehuil toe ek ry.

Ek braai die aand by my bure, Hein en Georgette op Glentana...oulike mense.

Perske's log 4 April:

Outeniqua pas...2 keer. Weet jy wat hulle bedoel as hulle sê jou bande word warm soos toffee, tot hulle smelt?

KKNK die res van die dag. Wat 'n belewenis. Gaan kyk self...

Ps: Bridgestone is NIE op standaard nie..

Perske's 2009 Solo DSC_0140

Perske's log 5 April

Glentana - Storms rivier mond - 200 km.

Ek begin ry 30 minute voor sonop want ek wil vroeg daar wees om kamp op te slaan en dan die woud te voet gaan verken. Ek sien vir die eerste keer op die ligte se invals hoek hoe dit verander as ek die suspensie verstel. Boys and there toys????

Ek ry om die versperrings wat sê “gesluit” by Bloukrans pas. Die pad is besig om @ die afgrond te val. Geen karre kan meer hier nie.

Ek stap tot by die hangbrug oor die rivier en ook tot by die waterval op die Otter wandel pad. Gelukkig het ek swem goggles saam gavat en kon ek 'n paar keer gaan loer wat onder die water aangaan. Hoogtepunt hier was 6 pylsterte so amper 1 m in deursnit.

Ek braai die aand op my 'Cob' wat nog al die pad saam toer. 1,3 kg Eisbein en 4 knoffel roasties... Ek kon nie die ander 2 roasties inkry nie.

Hier @ 10 kom daar, 'n storm op en waai 'n paar tente weg en breek nog 'n paar. My 1 man waai gelukkig onder die GS in en haak toe vas. Ek het die volgende oggend die maklikste ooit weer ingepak. Ek vermis nog niks maar enige iets is moontlik.

Perske's 2009 Solo DSC_0150

Perske's 2009 Solo DSC_0151



Perske's log 6 April

Stormsrivier - Coffee baai - 750 km

HY was main pilot vandag. Die wind en front volg my. Ek ry vir die front weg in die dag maar hy haal in oor nag. Speel tennis met my oor die pad. Links - regs. Dit misreen ook kort-kort maar die passe op die N2 maak op. Daai 'vingertjies' op bande is nou afgery, die @ die kante ook - lekkerrr.

Die laaste 70 km na Coffee baai ry jy stadig. Potholes wat n GS sal breek en beeste, bokke en skape. Een bees sommer stokstyf gevrek in die middel van die pad.

Coffee backpackers is vol met 46 manse en ek is die enigste SA' ner. Ek roep myself Daniel want dit kan hulle uitspreek. Daar is 'n drom konsert in die aand voor ete. Nou is ek eers in Afrika. Die ouens rook eers boom voor hulle speel. Miskien sal my musiek talent ook uitkom as ek daai goed rook.

Perske's 2009 Solo DSC_0191

Perske's log 7 April:

Ek ry net na die ‘hole in the wall’ vandag. Net 20 km maar die pad is grond en sleg.
Die gat is regtig daar. My Here het die wereld darm mooi gemaak.

Perske's 2009 Solo DSC_0188

Perske's log 8 April:

Ek verander vandag my planne sommer vroeg. Ek ry eerder na die backpackers in Port St Johns. Die mense praat goed van die plek.

Die pad soontoe is baie mooi..die teer is heel en die draaie is baie. Dis net nie wys om te jag nie..beeste se bewegings is soms meer voorspelbaar as die taxis.

By die backpackers op Port St Johns is ek sommer betyds vir die “sundowner cruse” op ‘n boot..aangename verrassing en ‘n welkome verandering om bietjie rond bestuur te word. Die trippie is 2.5 uur lank met ‘n stop op ‘n sand wal waar ek en ‘n paar ander toeriste in die rivier swem. ‘n Klein rooikop dogtertie swem saam na ek haar oortuig haar daar is nie krokkodille nie. Na ‘n paar “high fives” verlang ek erg na Hermien en Miné.



Perske's log 9 April:

Ek besluit om vandag na Underburg te ry in die suidelike Drakensberg. Die oudste musiek fees in SA is daar so paar kilometer van die dorp op ‘n plaas. Hulle noem dit Splashyfen. Ek was van plan om Vrydag tot Sondag daar te wees, maar ‘n dag vroër beteken dat ek ‘n dag vroër kan huistoe.

Ek misgis my met die petrol afstande in Transkei. Daar is nie ‘n pomp agter elke bos nie. Ek hoop om Kokstad te haal..dan beteken dit dat ek nie petrol gegooi het in Transkei nie. Die computer sê ek kan die dorp nie haal nie..nogal met 3 km. Eers knyp ek washers en toe begin ek maar in tale bid. Wat meer kan jy doen as net wag op ‘n wonder. Ek haal Kokstad. Die GS se boekie sê die tenk vat 33 l..ek gooi 34.5 l in en 610km op die klok van die vorige stop…Halleluja. (Dis 17.7 km per liter vir die wat wou weet..nie te goed nie maar onthou daar was bagasie op die passasier sitplek en ook bo op elke pannier)


Perske's log 10 April:

Ek kyk vandag na ‘n paar talentvolle musikante onder andere Chris Chameleon en sekerlik ander wat ons nog gaan van hoor. Splasyfen is mos waar kunstenaars op die map kom.

Ek neem ‘n klomp fotos van mense..ek gaan my vrou bang maak met hulle.

Perske's 2009 Solo DSC_0313

Perske's 2009 Solo DSC_0361


Perske's log 11 April:

Ek is 7uur wakker vanoggend. Nogal gelukkig want ek het nie ‘n wekker gestel nie en dit is mistig, die son gaan nog lank vat om deur te brand. Ek sal maar die tent en goetters nat inpak want ek het nou genoeg van feeste gehad..ek gaan nou huis toe...

@ 7:50 start ek die scooter. Hy wil net idle vir eers en wil net vrek as ek aan die vet vat.. ek dog daar is fout…toe sien ek die buite temperatuur is net so graad of 2 bo vriespunt.

Perske's 2009 Solo DSC_0381

Ek gly so bietie rond op die 2 spoor modder paatjie na die plaas aansluitings pad..’n paar benoude oomblike maar doen als net stadig. 17 km verder is ek op teer. Ek hoop om die Pretoria klub ouens te kry van voor. Hulle gaan vandag op teen Sani pas in Lesotho in. Ek het klaar besluit dit is te gevaarlik om vandag daai nat grond pas aan te durf en wil net groet.

By die Sani pas voet ry ek die grondpad reguit na Nottingham road. Wraggies nie besef die grond pas is 90 km lank nie. Die pad raak al slegter so verder jy vorder en kort voor lank ry ek redelike ente in eerste. Nogal frustrerend as jy weet dat daar nog 600+ km se teer oorbly voor jy by die huis is.

Perske's 2009 Solo DSC_0385

Ek mis die ander BMW ouens en besluit toe om so gou moontlik die N3 te klim en maar die tol gelde te betaal, want nou verlang ek huis toe.

15:00 is ek by die huis…ek dink die worshond was die blyste om my te sien.

PS: Ek gaan die een weer doen..wie kom saam???
Perske
Perske
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 113
Age : 57
Location : Pretoria
My bike : 1200GSA
Registration date : 2008-06-19

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by GSlady 17th April 2009, 17:58

Lovely. Thanks for your report and pics!
Pity we missed you on your last day!
The road only got better bounce bounce
GSlady
GSlady
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 859
Age : 63
Location : Pretoria
My bike : 800GS - now with MUCH more character! Still enjoying every minute!
Registration date : 2008-02-29

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Wahl 17th April 2009, 18:08

Baie dankie vir die report - dit bring goeie herhineringe terug. Het laaste keer spesiaal Augullas to gegaan net om by die backpackers daar te bly.
Wahl
Wahl
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 306
Registration date : 2008-06-03

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Admin 17th April 2009, 18:36

Admin moved this thread to OTHER TRIPS: SOUTH

Admin
Admin

Number of posts : 753
Registration date : 2008-02-25

http://www.bmwclubs.co.za

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by KnopKop 17th April 2009, 18:47

AWESOME TRIP !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Blerrie mooi fotos wat jy daar het!!

cheers cheers cheers cheers cheers
KnopKop
KnopKop
Committee member
Committee member

Number of posts : 823
Age : 44
Location : Pretoria
My bike : 2008 BMW X-Challenge

Registration date : 2008-06-04

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by JR 17th April 2009, 19:18

good read and good pics. cheers

thanks for sharing Danie
JR
JR
The K-factor

Number of posts : 1164
Location : Gauteng
My bike : K1300S, F800GS
Registration date : 2008-06-02

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by DaveS 17th April 2009, 23:17

Nice trip Danie - looks like a great time was had.
DaveS
DaveS
Committee member
Committee member

Number of posts : 1428
Location : Centurion
My bike : R1200GSA: R1200S(I think - has been annexed by Dorothy): S1000RR
Registration date : 2008-07-28

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by DeonP 18th April 2009, 15:04

Danie,

Very nice trip report & pics.
Looks like you had great weather as well.
We also enjoyed the JB Tours experience.I would like to do it again.
DeonP
DeonP
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 469
Location : RANDPARK RIDGE , GAUTENG
My bike : 1200GS ADVENTURE
Registration date : 2008-07-09

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Marnus 18th April 2009, 21:34

Lekker ene Perske! Ja, vat ons saam volgende keer. Dis jammer jy het ons gemis - Sani was droog - maar dit beteken boggerol! Smile
Marnus
Marnus
Committee member
Committee member

Number of posts : 936
Age : 49
Location : Pretoria
My bike : R1200GSA / G450X / YZ450F
Registration date : 2008-11-20

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Joe 19th April 2009, 23:21

Baie goed geskryf en fantastiese pics; dankie vir die moeite !!
Joe
Joe
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 148
Age : 54
Location : Centurion
My bike : K1200S Indigo Blue
Registration date : 2008-08-03

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by KnopKop 20th April 2009, 09:51

It is my dream to do a proper SOLO like this.

Thanks again for your great report, I found it very inspiring, and motivational. One day I will also do such a great trip!!!

I belive it does wonders for the soul............

geek
KnopKop
KnopKop
Committee member
Committee member

Number of posts : 823
Age : 44
Location : Pretoria
My bike : 2008 BMW X-Challenge

Registration date : 2008-06-04

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Sias 20th April 2009, 11:39

Great report!!! Ek praat ook al lank van so solo trip. Eendag as ek groot is... Wink
Sias
Sias
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 548
Age : 41
Location : Pretoria
My bike : F650GS Dakar
Registration date : 2008-07-10

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Corlia 20th April 2009, 13:14

Baie nice trip report Perske, het die baie geniet!! En natuurlik great foto's - dit maak mens baie lus om ook weer bietjie 'n ordentlike LANG trippie te doen! Sal graag nog Aghullas toe wil gaan, so wie weet, dalk kom ons volgende keer saam... Very Happy

Great report!!! Ek praat ook al lank van so solo trip. Eendag as ek groot is...

My geselskap nou nie meer goed genoeg nie...?????? tongue
Corlia
Corlia
Committee member
Committee member

Number of posts : 335
Age : 40
Location : Meyerspark
My bike : Dakar 650 GS Pillion
Registration date : 2008-07-15

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Sias 20th April 2009, 13:17

It's a guy thing!
Sias
Sias
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 548
Age : 41
Location : Pretoria
My bike : F650GS Dakar
Registration date : 2008-07-10

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Mud Pooh-bah 20th April 2009, 16:07

Ek sukkel biki op SOLO trips. Niemand om te help die Kaptein uitsorteer nie.

Ook 'n biki gevaarlik om lekker tegniese roetes te ry op jou eie.

Altyd beter saam met goeie geselskap en 'n Kaptein of twee.

Anders het ek niemand om van Buffels en F&** All te vertel nie. jocolor

Nice trip Perske, Jammer ons het jou gemis.
Mud Pooh-bah
Mud Pooh-bah
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 458
Age : 114
Location : Petoorsdorp
My bike : BMW R1150 GS Adventure, Yamaha WR250F, Suzuki DR200 and counting
Registration date : 2008-06-10

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Perske 21st April 2009, 15:30

Thanks to all for the positive comments. I did intend this report initially for feedback to my family and to extend my memory in time to come but your comments give it a new purpose.

I therefore add a few more pics.

Some of my friends who saw me off when I started the trip.

Perske's 2009 Solo 29032009007

The hole in the wall

Perske's 2009 Solo DSC_0173

Coffee bay area

Perske's 2009 Solo DSC_0164

Stuff on sale next to the road

Perske's 2009 Solo DSC_0196

Splashy fenn fun

Perske's 2009 Solo DSC_0311

Splashy fenn artist

Perske's 2009 Solo DSC_0339

Goods for sale at the fenn

Perske's 2009 Solo DSC_0306
Perske
Perske
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 113
Age : 57
Location : Pretoria
My bike : 1200GSA
Registration date : 2008-06-19

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Sias 21st April 2009, 16:41

Great photos!
Sias
Sias
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 548
Age : 41
Location : Pretoria
My bike : F650GS Dakar
Registration date : 2008-07-10

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Corlia 21st April 2009, 17:22

Great photos!

I agree! Well done Perske!! cheers cheers
Corlia
Corlia
Committee member
Committee member

Number of posts : 335
Age : 40
Location : Meyerspark
My bike : Dakar 650 GS Pillion
Registration date : 2008-07-15

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Next time

Post by Straatvalk 24th April 2009, 16:19

Perske, next time we do it together eh!
Straatvalk
Straatvalk
Fuel Injected
Fuel Injected

Number of posts : 16
Location : Pretoria
My bike : R1200GS
Registration date : 2009-04-24

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by LeRoy Olivier 24th April 2009, 16:56

Al wat ek wil weet is - waar is Mammie op die trip gewees. My idee of a Solo trip is myself and Elsabe - touring on our own. Would not dream of doing such a long trip on my own - will get to ??????? lonely. But to each his own.
LeRoy Olivier
LeRoy Olivier
LT Fanatic

Number of posts : 1394
Age : 62
My bike : K1200LT
Registration date : 2008-06-09

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Straatvalk 25th April 2009, 01:28

Ja, I can see it boh ways. Love to go on trips with my wife, but also had a solo trip of my own. There is something to being on the long road alone. Just you and your thoughts and the open road. As a kid I always wanted to be shipwrecked on a deserted island, fending for my self. Maybe I am not a well puppy?
Straatvalk
Straatvalk
Fuel Injected
Fuel Injected

Number of posts : 16
Location : Pretoria
My bike : R1200GS
Registration date : 2009-04-24

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Straatvalk 25th April 2009, 01:59

By the way: You can check out my (not so) Big solo on http://www.gpsed.com/track/7323526365816624720
Some browsers does not display the track though...
Straatvalk
Straatvalk
Fuel Injected
Fuel Injected

Number of posts : 16
Location : Pretoria
My bike : R1200GS
Registration date : 2009-04-24

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by LeRoy Olivier 25th April 2009, 13:54

Did enouugh solo riding in the 80's when still riding superbike. Rather enjoy the company - especially the long talks that one has on the bike when traveling at speed.
LeRoy Olivier
LeRoy Olivier
LT Fanatic

Number of posts : 1394
Age : 62
My bike : K1200LT
Registration date : 2008-06-09

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Marnus 25th April 2009, 14:57

Pillion: Slow down!
Rider: But we're not going fast...
Pillion: You're going too fast!
Rider: But we're on the highway!??! It says we can go 120...
Pillion: That doesn't matter, this is not a car!
Rider: Ok...ok! I'll slow down.
{10 seconds pause...}
Pillion: Do you always go this fast?! It's very irresponsible!
{10 seconds pause...}
Pillion: You're going too fast again...

Yeah... love 'em long talks Smile
Marnus
Marnus
Committee member
Committee member

Number of posts : 936
Age : 49
Location : Pretoria
My bike : R1200GSA / G450X / YZ450F
Registration date : 2008-11-20

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by DaveS 26th April 2009, 23:09

Without going back to read the thread, I do think I remember Perske saying that he met up with mommy and the kids on the trip??
DaveS
DaveS
Committee member
Committee member

Number of posts : 1428
Location : Centurion
My bike : R1200GSA: R1200S(I think - has been annexed by Dorothy): S1000RR
Registration date : 2008-07-28

Back to top Go down

Perske's 2009 Solo Empty Re: Perske's 2009 Solo

Post by Sponsored content


Sponsored content


Back to top Go down

Page 1 of 2 1, 2  Next

Back to top

- Similar topics

 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum