BMW Motorcycle Club Pretoria
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
Latest topics
» K 1200 GT FOR SALE ASKING R112 000.00 ono
by STEVE 19th November 2010, 13:45

» Three week Bliss
by Corlia 19th July 2010, 09:39

» From the UK - new element found in SA
by DaveS 7th July 2010, 18:53

» Tourmaster Airflow Pants
by Heretic 7th July 2010, 08:02

» Forum lockdown
by Admin 6th July 2010, 22:17

» New website, new forum!
by Marnus 6th July 2010, 20:10

» Who Will Win The Soccer World Cup
by 1150 adventure 4th July 2010, 12:06

» New forum?
by LeRoy Olivier 2nd July 2010, 10:40

» Your favourite photos
by Gert_GS_650 1st July 2010, 06:32

» NEW Clubhouse
by Thomas 30th June 2010, 21:44

Who is online?
In total there are 12 users online :: 0 Registered, 0 Hidden and 12 Guests

None

[ View the whole list ]


Most users ever online was 181 on 10th February 2021, 11:40
Statistics
We have 359 registered users
The newest registered user is Kruger

Our users have posted a total of 17455 messages in 1456 subjects

4 Corners December

+5
Andre
JR
GSlady
szalek
ChristoEngelbrecht
9 posters

Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by ChristoEngelbrecht 3rd January 2009, 14:38

Uiteindelik terug by die huis. Die 4 Corners gedoen in 20 dae. Rus vandag en sal more begin met 'n trip report.

Dit was 'n wonderlike vakansie.
ChristoEngelbrecht
ChristoEngelbrecht
Supercharged
Supercharged

Number of posts : 59
Age : 70
Location : Gordons Bay
My bike : K1200LT R1200GSA R100RS
Registration date : 2008-09-21

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by szalek 3rd January 2009, 19:44

Baie geluk Christo.

szalek
Supercharged
Supercharged

Number of posts : 87
Age : 57
Location : Centurion
My bike : BMW K1200 RS
Registration date : 2008-07-31

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by GSlady 4th January 2009, 00:10

Well done!
Don't forget to apply for that Golden Award!
GSlady
GSlady
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 859
Age : 63
Location : Pretoria
My bike : 800GS - now with MUCH more character! Still enjoying every minute!
Registration date : 2008-02-29

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by JR 4th January 2009, 19:07

Congratulations and well done
JR
JR
The K-factor

Number of posts : 1164
Location : Gauteng
My bike : K1300S, F800GS
Registration date : 2008-06-02

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by Andre 7th January 2009, 07:00

ChristoEngelbrecht wrote:Uiteindelik terug by die huis. Die 4 Corners gedoen in 20 dae. Rus vandag en sal more begin met 'n trip report.

Dit was 'n wonderlike vakansie.
Baie geluk. Inderdaad een van die lekkerste trips wat ek nog gedoen het. Ek onthou nog die gevoel toe ek in 2006 my laaste tenk weer by Atterbury volgemaak het na 7500 km in die saal Very Happy
Andre
Andre
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 334
Age : 72
Location : Sandton
My bike : R1200RT, R1100S, Yamaha TW200 (also want the new S1000RR!!)
Registration date : 2008-07-26

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by ChristoEngelbrecht 7th January 2009, 09:33

4 Corners Toer Desember 2008


Ek en my vrou Jane is alby baie lief om met die motorfiets die lang pad te vat en ons lieflike land te sien.

Een dag terwyl ek op die Think Bike forum rondkyk kom ek af op die 4 Corners toer. Ek het onmiddelik belang gestel en het begin inligting
insamel oor wat dit behels.

Direk het Dani vir my die nodige inligting laat kry en ek het begin kyk na verskeie roetes om hierdie toer te kan doen.

‘n Werkskolega van my het gehoor dat ek die roete wil doen en was direk geintereseerd. Ons het besluit om met die R1200GSA’s die pad
aan te vat en die oorslaapplekke af te wissel tussen die normale B&B’s en kampplekke.

Die roete is verskeie kere aangepas om darem so ‘n bietjie grondpad in te sluit. Oorslaapplekke is bepaal en bespreek. Hier moet ek net
noem dat ek gevoel het dat so ‘n vooraf beplanning nie nodig is nie aangesien dit baie druk op jou plaas om die bespreekte plekke
betyds te bereik. Die Kersseisoen het ons egter genootsaak om vooraf besprekings te doen.

Nadat die roete vasgemaak is en alle oornag plekke bespreek is het ons besluit om die volle bedrag vir elke oorslaapplek ten volle te
betaal. Dit sou die probleem om met sakke vol geld rond te ry verhoed. GROOT FOUT!!!

‘n Maand voor die tyd moes my vriend weens werksdruk hom onttrek.

‘n Ander werkskolega het toe so pas die K1200LT, wat ek so graag wou koop, gekoop. Hy het een Saterdag by my kom kuier en my Finansiêle
Direkteur het hoek lyn en sinker vir die luuksheid geval. Sy het dadelik in haar gedagtes gesien hoe sy op die luukse rusbank met
wiele gaan sit en ontspan en dink waar ons kan besnoei aan algemene uitgawes om vir die nuwe rusbank op wiele te kan betaal. Die Maandag
is my LT bestel.

Hierdie kolega het gehoor van die toer en dat my ander vriend nie meer kon saamgaan nie. Hy het direk besluit om saam met my te ry indien die
grondpad gedeeltes uitgesny sal word. Dit het weer van voor af beplanning gekos. Daar moes inderhaas plekke gekanseleer word en nuwe
plekke op die aangepaste roete moes bespreek word. KLOMP EKSTRA KOSTE.

Ek het my LT gekry en moes gou vir ‘n naweek weggaan om die eerste 1000Km te ry vir daardie belangrike eerste diens. Na die 1000Km diens
is sy mooi skoongemaak en in die motorhuis geparkeer. Hier moes sy nou vir 3 weke staan tot ons die toer kon begin.

Twee weke voor ons sou vertrek, die dag van die Toy Run kon Jane nie meer wag nie. Sy wou die tasse uit die motorhuis hê sodat sy kon
begin pak. Ek moes my klere uitsit sodat dit reg en gewas kon wees vir die toer. Ek moes die res van die tyd sonder my reenjas en
normale ATGATT werk toe en terug ry. Ek moes my winters klere weer uitpak en daarmee oor die weg kom. Geen genade vir my en die somer
hitte nie.

Weereens moes die vriend wat die roete saam met sou ry kanselleer. Dit was die Woensdag voor ons vertrek. Daar was nie tyd om iemand te kry om saam
te gaan nie en ek en Jane het besluit om alleen te ry. Ons was bekommerd daaroor om so ‘n lang toer alleen aan te pak maar
daar was niks wat ons daaraan kon doen nie.

My verlof het Maandag die 15de Desember begin. Ek het egter die 12de besluit om baie vroeg huis toe te gaan om te pak en alles in orde te
kry vir die groot trek. Die LT is eers weer gewas en blink opgevryf. Daarna is alles wat op daardie stadium gepak kon word gepak.

Die oggend van die 13de Desember om 05:00 wou ek ry. Dit het beteken dat daar alreeds 3:30 opgestaan moes word. Die diere met die lang hare
wat loop soos mense het mos tyd nodig vir al hulle pleisterwerk. Weet nie hoekom dit nodig is as jy op ‘n motorfiets is met ‘n helmet op jou kop nie.

05:00 - Gepak en reg vir die pad.
4 Corners December Image010

Dag 1 - 694Km Huis na Willowmore 13Desember2008


Vinnige trip van die huis af tot by Cape Augulhas vir die nodige fotosessie.

Jane in CapeAghulhas
4 Corners December Image011

Ek in CapeAgulhas.
4 Corners December Image012

Petrol strokie.
4 Corners December Image014


Van Kaap Augulhas af oor Tredoux pas waar ons eers ‘n paar
sigarette gerook het.
4 Corners December Image015

4 Corners December Image016

Dit is een manier om bietjie rus in te kry en foto’s te neem.
Hiervandaan na Barrydale vir ‘n ligte versnappering by Country Pumpkin.
4 Corners December Image017

4 Corners December Image018


Dit is my gunsteling restaurant op die R62 en ek mis dit vir niks. Nog ‘n
groot rede vir hierdie besoek was om my nuwe Route62 wapen te gaan
haal. Met die vorige besoek het hulle nie wapens gehad nie en my seun
Jaco, van Secunda het toe myne gevat.

Die volgende stop was Oudtshoorn. ‘n vinnige rook breek en weg na
Willowmore waar ons in The Willows Historical Guesthouse sou oornag.


Ek het besluit om ook redelik uit te brei oor al ons verskillende
oorslaapplekke sodat toekomstige reisigers ‘n idee kan hê
van waar om oor te slaap.

Ons het ‘n gerieflike groot kamer gehad met TV, lugversorger,
koffie/tee en ‘n baie netjiese badkamer/toilet. Die
lugversorger het goed te pas gekom in die hitte.

Aandete was werklik uit die boonste rakke en na ‘n paar bottels rooi
wyn uit die kontrei het ons rustig gaan slaap.

4 Corners December Image019

4 Corners December Image020

4 Corners December Image021

4 Corners December Image022

Dag 2 – 543Km Willowmore na Gonubi 14Desember2008

Die volgende oggend vertrek ons 06:00 met die enkel baan sement pad na Steytlerville.
4 Corners December Image023
Verder oor Kirkwood na Grahamstown en dan tot in Gonubi waar ons by The Nest
B&B oorslaap. Weereens ‘n lieflike dag deurgebring in die
saal. Ons het werklik ‘n uitsonderlike mooi land. Elke paar
kilometres verander die landskap.


Steytlerville is ‘n baie interessante dorpie.
4 Corners December Image024

4 Corners December Image025

4 Corners December Image026
Naby Addo het ‘n duikertjie my toer amper kort geknip. Hy het nuwe
betekenis gegee aan die uitdrukking ‘bokspring’. Hy het
voor die fiets ingespring en toe rond en bont bly spring voor die
fiets. Ek het hom rakeling gemis.

Ons het middagete in Grahamstown geniet.
4 Corners December Image027
4 Corners December Image028
In Gonubi was ons kamer ook van hoogstaande gehalte met al die nodige
luukshede. Selfs ‘n yskas met iets om die keel nat te hou. Die
enigste probleem hier was dat geen aandetes bedien is nie. Aangesien
ons moeg was en alreeds die ATGATT uitgetrek het, het ons besluit om
maar honger te gaan slaap.


Daar is genoeg resturante in die omtrek en indien ons nie so lui was nie
kon ons enige tyd by een van die resturante gaan eet het.

Dit het lekker gereen deur die nag maar die volgende oggend voor ons
vertrek het, het dit opgehou.

Dag 3 – 548Km Gonubi na Margate 15Desember2008

Weereens vertrek ons lekker vroeg. Ons was bang vir die stuk pad deur die
Transkei.

4 Corners December Image029
4 Corners December Image030
Ons het ons werklik verbaas oor die agteruitgang van die dorpies sowel as
die loslopende diere in die pad. Ek moes letterlik wydsbeen oor die
LT stap deur die dorpies, so erg was die verkeer en die voetgangers.
Ek sal hierdie deel van die roete nooit weer ry nie. Alhoewel die
natuurskoon werklik mooi was was ons te bang om te stop om foto’s
te neem. Daar is verskeie kere gemaak asof hulle ons met klippe gaan
gooi.

Ons het oor Butterworth na Umtata op die N2 gery en daarvandaan die R61
gevat na Umtweni, Port Edward tot in Margate waar ons in die
Nolangweni Lodge oorgebly het.
4 Corners December Image031

4 Corners December Image032

4 Corners December Image033

Die eerste was langs die pad.
4 Corners December Image034

4 Corners December Image035

4 Corners December Image036

Dag 4 Margate 16Desember2008

Ons sou hier eintlik by my dogter tuisgegaan het maar toe sy dit hoor het
hulle vinnig verhuis na Gauteng. Weet nie of dit net ek is nie, maar
ek het nogal gewonder. Het maar later terwyl ek in Gauteng was by
haar gaan kuier.

Nolangweni Lodge was weereens uit die boeke. Hier het die gasvrou ons bed elke
aand oopgemaak, ‘n blom en ‘n lekker op elke kussing
gesit en die gordyne toe getrek. Gelukkig het dit hier gestop, sy het
ons nie later deur die nag kom toemaak nie.

Hier was ook nie aandetes bedien nie maar ons kon by die resturante eet of
wegneemetes bestel. Voorwaar ‘n plek wat ek sal aanbeveel.


Dit is al in die eerste aflewering. Die res sal so met die tyd volg.
ChristoEngelbrecht
ChristoEngelbrecht
Supercharged
Supercharged

Number of posts : 59
Age : 70
Location : Gordons Bay
My bike : K1200LT R1200GSA R100RS
Registration date : 2008-09-21

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by JR 7th January 2009, 09:49

Wow.....great stuff cheers cheers cheers

het dit baie geniet om deel 1 van jou ritverslag te lees en te kyk, dankie dat jy dit met ons deel.

Moenie te lank vertoef met die volgende episode/s nie Wink

ns. jy hoef slegs jou fotos te "resize" na 800 x 600 (536) vir plasing hier
JR
JR
The K-factor

Number of posts : 1164
Location : Gauteng
My bike : K1300S, F800GS
Registration date : 2008-06-02

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by GSlady 7th January 2009, 09:55

Excellent - cant wait for the next episode!
GSlady
GSlady
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 859
Age : 63
Location : Pretoria
My bike : 800GS - now with MUCH more character! Still enjoying every minute!
Registration date : 2008-02-29

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by ChristoEngelbrecht 7th January 2009, 12:07

Dag 5 – 350Km Margate na St Lucia 7Desember2008

Hierdie was nie so ‘n lang rit nie en ons het eers na ontbyt hier gery. Ons het met die N2 al langs die kus opgery tot in St Lucia waar ons
eers middagete gaan geniet het voor ons na die gastehuis toe gegaan het. Ons het in Mtubathuba in Wendy’s Guest House oorgebly.

4 Corners December Image037

4 Corners December Image038

4 Corners December Image039

4 Corners December Image040

4 Corners December Image041


Ons blyplek was baie netjies en die tuin was soos ‘n sprokie. Ongelukkig het ons ‘n groot middagete geniet in St Lucia en het
nie aandete geniet nie. Dit het my laat besluit om elke dag vooruit te skakel na die volgende oorslaapplek en uit te vind of hulle
aandetes bedien. Ons sou dan nie nodig hê om ‘n groot middagete te eet nie.


Dag 6 – 543Km St Lucia na Piet Retief 18Desember2008


Hierdie is weer ‘n lang dag met onbekende paaie en daar is besluit om vroeg weg te spring. Ons sou met die N2 aangery tot by die R22
afdraai en daar afgedraai na Kosi Baai waar ons die volgende verpligte foto’s moes gaan neem.


Josini dam.
4 Corners December Image042


Pas op na Josini
4 Corners December Image043

Jane by Kosi Bay
4 Corners December Image044

Grenspos by Kosi Bay
4 Corners December Image045

Ek by Kosi Bay
4 Corners December Image046

Petrol strokie by Kosi Bay.
4 Corners December Image047


Hier het my en my GPS mekaar verkeerd verstaan en ons het by Josini eers afgedraai na Kosi Baai. Vanaf Josini het die pad drasties versleg en
moes ek verskeie maal die fiets tussen massiewe potholes deur loop. Jane het gesê ons moet met die terugkomslag foto’s neem
van de pad want niemand sal ons glo nie. Dit het egter nie gebeur nie want ek het toe eerder van Kosi Baai terug gery na Hluhluwe waar ons
‘n ligte middagete geniet het.

Daarvandaan is ons terug met die N2 na ongeveer 35Km duskant Piet Retief waar ons op ‘n plaas in die Dusk to Dawn B&B oorgebly het.


Hierdie oorslaapplek was die hoogtepunt in luuksheid en gerief op die hele toer. Die kos was uit die boonste rakke en die gasvrou en gasheer was
absoluut vriendelik en behulpsaam.
4 Corners December Image048

4 Corners December Image049

4 Corners December Image050

4 Corners December Image051

4 Corners December Image052

4 Corners December Image053

Ek kan hierdie plekkie aanbeveel vir die manne in Gauteng en Mpumalanga. Ideaal vir ‘n naweek wegbreek.

Daar is ongelukkig so 3 Km plaaspad wat nie in die beste kondisie is nie, maar as ek dit met ‘n swaargelaaide LT kon doen, kan enige
ander fiets dit doen.


Dag 7 – 340Km Piet Retief na Sabie 19Desember2008

‘n Kort rit was vir hierdie dag beplan. Ons het tot in Carolina gery waar ons vir my seun, Jaco en sy meisie Mandie, gewag het.

4 Corners December Image054

4 Corners December Image055

Hy het die stuk na Pontdrift en terug tot op Hartebeespoort dam saam gery. Ek wou graaag oor Badplaas en Barberton na Nelspruit ry vir
middagete. Ons het egter daarteen besluit en reguit vanaf Carolina na die N4 gery en daarvandaan na Sabie.

Hier het ons in die Fern Tree lodge oorgebly het. Ek was nog altyd baie lief vir die omgewing en het al verskei kere in hierdie omgewing
vakansie gehou. Het vir baie jare in Barberton gebly.

Jaco en Jane ontspan op die stoep van ons huisie in Sabie.
4 Corners December Image056


Jaco op sy Bandit.
4 Corners December Image057


Die Fern Tree lodge was ‘n gerieflike oorslaapplek waar ons ook ‘n lekker aandete geniet het. Hier was geen luuksheid nie, maar die prys
was goed en die mense vriendelik. Om hierdie plekkie as basis te gebruik wanneer die omgewing verken word sal baie lekker wees. Daar
is ‘n kroeg asook ‘n swembad waar mens lekker kan ontspan. Elke huisie het ook sy eie braai geriewe.


Dag 8 – 553Km Sabie na Pontdrift 20Desember2008

‘n Lang dag met onbekende paaie. Al waarvan ek seker was, was die feit dat ons deur dele sou ry waar plaasdiere en voetgangers ‘n
groot probleem sou wees. Spoedgrense sou ook baie laag wees. Dus is daar weer 05:00 uit Sabie weggetrek. Vanaf Sabie die eerste stop was
Tzaneen waar die innerlike eers versterk is.

4 Corners December Image058

4 Corners December Image059


Smokebreak.

4 Corners December Image060

4 Corners December Image061

4 Corners December Image062

Hier het ons in ‘n kwekery ‘n baie aangename eetplekkie ontdek. Die koffie was van die beste en ons wou na die groot ontbyt
nie weer die hitte aandurf nie. Dit het hier baie warm begin word.
4 Corners December Image063

4 Corners December Image064

4 Corners December Image065

4 Corners December P1000810

4 Corners December P1000811

4 Corners December P1000812


Smokebreak
4 Corners December Image066

4 Corners December Image067

Musina
4 Corners December P1000813

4 Corners December P1000814


Daarvandaan op na Makhado, Musina waar die verkeer en voetgangers my weer op my voete gehad het. Die hitte was vir ons hier uit die Kaap werklik
ondraaglik. Die laaste stuk pad tot in Pontdrift was ‘n nagmerrie. Die hitte het ons so moeg gehad dat ons werklik moes
konsentreer om by ons blyplek uit te kom. Net voor Pontdrift het ons by die Balerno Bush Lodge oorgeslaap het.

Hierdie was weereens ‘n stukkie paradys. Toe Mandie die hek oopmaak is ek en Jane deur. Ons het gestop en vir hulle gewag. Terwyl ons wag
sien ek toe hier langs die motorfiets ............ OLIFANT mis. My hart was in my keel. Grondpad, sandpad, weet nie hoe ver na die
blyplek toe nie, olifante, LT draai nie so maklik om nie en is ook nie juis gemaak om grondpad te ry nie. Gelukkig was die blyplek
onveer 200m net agter die bosse weggesteek.

Ons het vinnig afgepak en die plekkie begin verken. Gelukkig was daar ‘n klein dammetjie/swembad waar ons kon afkoel.

Ons kon nie kos saamneem nie en was honger. Die eienaar was nie daar nie maar die bediende wat oopgesluit het, het gesê dat die baas in
Alldays is en later sal inkom. Ons het dadelik gebel en gereel dat hy vir ons vleis en bier saambring van Alldays af.

Die vleis en bier het gekom saam met die aangenaamste ‘kluisenaar’ wat ek nog ontmoet het. Hy was uitgehonger vir geselskap en ons het
so vir ‘n uur of wat lekker gesit en kuier tot hy weer terug is na Alldays toe. Ons was alleen op die pragtige plekkie. Die kombuis
was vol kos en ons kon gebruik wat ons wou. Hy wou nie eers geld vat vir die vleis en bier nie. Ek het voor ons vertrek het ‘n
koevert met genoeg geld in op sy lessenaar gelos.

Die kampvuur was alreeds gepak deur die bediende en ons het die vuur aangesteek vir ‘n lieflike aand in die bos.

Die kamers met die grasdakke was ‘n ander uitdaging vir die skoner geslag. Allerhande gediertetjies het hier gebly.

4 Corners December Image068

4 Corners December Image069

4 Corners December Image070

4 Corners December Image071

4 Corners December Image072

4 Corners December Image073

4 Corners December Image074

4 Corners December Image075

4 Corners December Image076

4 Corners December Image077

Ek glo dat daar al baie motorfietsryers gebly het wat sal saamstem dat hierdie plekkie in juweel is.

Die fotosessie sou moes wag vir die volgende dag.


Episode 2 van die trip report.
ChristoEngelbrecht
ChristoEngelbrecht
Supercharged
Supercharged

Number of posts : 59
Age : 70
Location : Gordons Bay
My bike : K1200LT R1200GSA R100RS
Registration date : 2008-09-21

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by JR 7th January 2009, 12:33

dit word beter en beter Very Happy
JR
JR
The K-factor

Number of posts : 1164
Location : Gauteng
My bike : K1300S, F800GS
Registration date : 2008-06-02

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by ChristoEngelbrecht 7th January 2009, 15:21

Dag 9 – 612Km Pontdrift na Secunda 21Desember2008


Hier het ons weereens ‘n lang dag, en die fotos by Pontdrift moes nog geneem word. Weereens vroeg uit die vere. 05:00 in die saal. Die
temperatuur was alreeds 27C. Na die fotosessie het ons begin soek na ‘n petrol pomp.

Jane by Pontdrift.
4 Corners December Image078

Ek by Pontdrift.
4 Corners December Image079

Petrol strokie. Ongelukkig van Musina en nie van Pontdrift nie. Al
die petrolstasies was toe in die omgewing.
4 Corners December Image080

Jaco by Pontdrift.
4 Corners December P1000815

Mandie by Pontdrift
4 Corners December P1000816

Pontdrift grenspos.
4 Corners December P1000817


Alles was toe. Van die een dorpie na die volgende....pompe toe. Ons het al stadiger begin ry om petrol te spaar en uiteindelik op die laaste
reuk van petrol in die tenk ‘n oop pomp in Molemole gekry. Ons is verder na Polokwane met die R521. Hierna ‘n stukkie N1 tot
in Mokopane vir ontbyt, en dan met die N11 oor Marble Hall, Groblersdal, Witbank, Kriel na Secunda. Ek het hier vir die volgende
paar dae by my familie gekuier. Ons het by Jaco tuisgegaan.


Loskopdam
4 Corners December Image081

4 Corners December Image082

4 Corners December Image083


Jaco en Jane by Loskopdam.

4 Corners December P1000910

Ek en Jaco by Loskopdam.
4 Corners December P1000911


Dag 10 Secunda 22Desember2008



So baie familie en so min tyd.

‘n Vleisie word gebraai en ‘n biertjie word geniet.
4 Corners December Image084



Dag 11Secunda 23Desember2008



Kuier by die familie.


Dag 12 - 214Km Secunda na Hartebeesspoortdam 24Desember2008


Hierdie dag is maar ‘n gemiddelde breakfast run. So rustig op ons tyd opgestaan en die pad gevat na Harties. Jaco en Mandie het saam gery
en ook saam hier vir ‘n paar dae gekuier.

‘n Smokebreak en Red Bull op pad in Springs.
4 Corners December Image085



Dag 13 Hartebeespoortdam 25Desember2008




Baie mooi omgewing.
4 Corners December Image110


Die eende deel die swembad.
4 Corners December Image111

4 Corners December Image112

4 Corners December Image113



Dag 14 Hartebeespoortdam 26Desember2008


4 Corners December Image114

4 Corners December Image115

4 Corners December Image116

4 Corners December Image117

4 Corners December Image118

4 Corners December Image119



Dag 15Hartebeespoortdam 27Desember2008



Na die herstelsessie is ons gou deur na Vereeniging om by Jane se suster te gaan koffie drink. Jaco en Mandie het saamgery tot met hulle afdraai
na Secunda en is toe terug huis toe. Ons het nie lank by Jane se suster vertoef nie en toe deur gery na Linden om by my dogter te gaan
oorslaap. Sy het gelukkig nie weer verhuis nie en ons kon ‘n lekker vleisie op die kole offer.


Dag 16 Hartebeespoortdam 28Desember2008


Van Linden af terug na Hartebeespoort dam.



Dag 17 Hartebeespoortdam 29Desember2008

4 Corners December Image120

4 Corners December Image121

4 Corners December Image122

4 Corners December Image123


Dag 18 - 797Km Hartebeespoortdam na Upington 30Desember2008


Dit is die langste trip op die hele toer. Lang reguit vervelige pad. Weereens vroeg opstaan sodat ons 06:00 kan ry. Ongelukkig was die
battery vir die elektriese hek vir die tweede keer in 4 dae gesteel. Dit het ons met ongeveer ‘n half uur vertraag.

Ontbyt in Sannieshof.
4 Corners December Image124

4 Corners December Image125


Smokebreak en petrol stop.
4 Corners December Image126

4 Corners December Image127

4 Corners December Image128


Versamelvoel nes.
4 Corners December Image129


Ons het die N4 gevolg tot by die afdraai op die R52 na Lichtenburg. Oor Vryburg, Kuruman, Sishen na Upington waar ons in die Aloe Guest House
tuisgegaan het.

Op Sannieshof het ons eers gestop vir ontbyt. Ek kon eers nie ‘n lekker plek kry om te eet nie maar op pad uit die dorp het ons toe
hierdie lekker eetplekkie ontdek. Na baie smokebreaks het ons uiteindelik in Upington aangekom. ‘n Vinnige draai in die dorp
vir so ‘n bietjie proviant en ons is na die gastehuis toe.

Weereens ‘n baie lekker plekkie gehad. Lieflike kamer met badkamer en kombuis. Die lugversorger het deurentyd gewerk.

Ons het heel middag en aand buite voor die kamer langs die swembad gesit.

Later die aand het ons gasheer vir ons vleis gebraai. Wat ‘n fees was dit nie. Hy kan maar weer vir my braai. Ons het die aandete saam met
die gesin geniet.
4 Corners December Image130

4 Corners December Image131

4 Corners December Image132

4 Corners December Image133

4 Corners December Image134

Die rede vir hierdie lang dag is sodat ons die volgende dag na slegs ‘n baie kort rit op Agrabies kan aankom en die dag by die valle kan
geniet. WAT ‘n GRAP!


Dag 19 – 109Km Upington na Augrabies 31Desember2008


Lekker? laat? geslaap, ontbyt geëet en 09:30 weggetrek na Augrabies.


Net buite Kakamas.
4 Corners December Image135

4 Corners December Image136

4 Corners December Image137

4 Corners December Image138


Kakamas.
4 Corners December Image139

‘n Besoek aan die Pienk Padstal vir ‘n lafenissie.

4 Corners December Image140

4 Corners December Image141

4 Corners December Image142

4 Corners December Image143

4 Corners December Image144

4 Corners December Image145


Hier het ons ons eerste ontnugtering gehad. Die kolega wat hierdie bespreking gemaak het, het gedink dit is by die valle. Dit was egter
nie langs die rivier nie, maar so ongeveer 5Km van die rivier af. Dit was nie as sulks ‘n probleem nie en ons het toe sommer deurgery
na die valle toe om so ‘n bietjie daar rond te stap.

Ons het ons absoluut misgis met die temperatuur. Terwyl ek by ontvangs my dagbesoek betaal het, het ek gesien dat hulle die temperature teen
die muur opgeskryf het. 48C buite en 38C in die skaduwee.


Ek en Jane was teen hierdie tyd alreeds uitgebraai en met ons ATGATT kon ons nie die dag daar rondstap nie. Die rivier was ook baie laag en
ons sou ‘n redelike ent moes stap om iets te sien. Ons het toe maar besluit om terug te gaan na ons blyplek vir die nag en Augrabies
op ons program te sit vir ‘n volgende besoek.

Ons het in die Augrabies Falls Lodge gebly. Ons is nie een lief vir hotelle nie maar die kamer was ruim en netjies. Die lugversorger het
heeltyd gewerk en die kroeg was vol interesante mense van die omgewing sowel as toeriste. Hier het ons die middag deurgebring en
seker gemaak dat ons nie ontwater nie.

Aandete......Hierdie mense weet van ‘n bord kos. Nie ek of Jane kon ‘n ernstige duik in die bord kos maak nie en ons het besluit om te gaan
slaap.
4 Corners December Image146

4 Corners December Image147

4 Corners December Image148



Dag 20 – 536Km Augrabies na Alexanderbaai 1Januarie2009



Sonsopkoms in Augrabies.
4 Corners December Image149

4 Corners December Image150

4 Corners December Image151


Soos dit al gewoonte geword het is daar weer vroeg opgestaan en 05:00 is die pad aangedurf na Alexanderbaai waar die laaste van die 4 punte
besoek moes word. Oor Pofadder, Springbok, Steinkopf na Alexanderbaai. Hierdie deel van die N14 is plat en reguit. Dit is ‘n
baie vervelige pad en moontlik om teen enige onwettige snelheid te beweeg.


Petrol, sigaret en vetkoek stop.
4 Corners December Image152

4 Corners December Image153

4 Corners December Image154

4 Corners December Image155


Sprinbok – koud.
4 Corners December Image156

4 Corners December Image157

4 Corners December Image158

4 Corners December Image159


Amper daar.
4 Corners December Image160

4 Corners December Image161


Ons het redelik vroeg in Alexanderbaai aangekom. Die verpligte fotosessie is afgehandel en daarvandaan na die Alexander Bay Guest House. Dit is
dan ook dag 20 van die toer en die laaste hoek is dus in 20 dae gedoen. Hier kom die EXTREME RIDER en PILLION GOLD.


Die laaste punt – hier is die bewys.
4 Corners December Image162

4 Corners December Image163

4 Corners December Image164


Jane by Alexanderbaai.
4 Corners December Image165


Ek in Alexanderbaai.
4 Corners December Image166


Petrolstrokie.
4 Corners December Image167


Hier het ons nog ‘n teleurstelling op die toer gehad. Die kamer waarin ons moes bly was heel goed maar aangesien dit ‘n
vakansiedag was moes elkeen vir homself sorg. Daar was alreeds mense van die vorige dag en hulle het ‘n baie vogtige oujaar gehad.
Die hele ontspanningsarea het vol leë bottels en blikke gelê. Die vuil skottelgoed het die tafels vol gestaan. Die potte en panne
in die kombuis was morsig vuil.

Daar was geen bediendes nie en die bestuurder was slegs beskikbaar op bystand. Ek was briesend en het die bestuurder laat kom.

Die bestuurder was geskok om die toestand van die plek te sien en nadat hy om verskoning gevra het, het hy ons na die VIP gastehuis geneem.
Dit is waar die myn se CEO en Ministers gewoonlik tuisgaan. Dit was ook die enigste oop plekkie.

Dit was absoluut fantasties en alles was van uitstaande gehalte. Daar is kos gebring en ons moes dit slegs self voorberei.

Die les om te leer is om nie alles te aanvaar en dan later op die internet en in koerante te kla nie. Bespreek die probleem met die
persoon in beheer en ek kan julle verseker dat indien jou klagte geldig is dit opgelos sal word.

Hierdie wyfie bobbejaan het die heeltyd ‘n dooie baba bobbejaantjie rondgedra.
4 Corners December Image168

4 Corners December Image169

4 Corners December Image170

4 Corners December Image171

4 Corners December Image172

4 Corners December Image173

4 Corners December Image174


Ek sal hierdie plekkie ook aanbeveel vir enige persoon wat die 4 Corners toer wil aandurf en slaapplek in Alexander Baai soek.





Die laaste episode van hierdie sepie sal later volg.
ChristoEngelbrecht
ChristoEngelbrecht
Supercharged
Supercharged

Number of posts : 59
Age : 70
Location : Gordons Bay
My bike : K1200LT R1200GSA R100RS
Registration date : 2008-09-21

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by ChristoEngelbrecht 8th January 2009, 09:28

Dag 21 – 624Km Alexanderbaai na Citrusdal 2Januarie2009

Vroeg oggend in Alexander Baai.
4 Corners December Image110

4 Corners December Image111


Teen hierdie tyd is ons nie meer lus nie. Vroeg opgestaan vir die pad na Citrusdal. Terug oor Steinkopf na Springbok, Garies, verby Vredendal
tot by Citrusdal waar ons ons laaste nag van die toer in die Hebron gastehuis oorslaap.

Springbok.
4 Corners December Image112


4 Corners December Image113


4 Corners December Image114


Ontbyt.
4 Corners December Image115


Petrol.
4 Corners December Image116


Clanwilliam dam.
4 Corners December Image118


4 Corners December Image119


Die oorweging om deur te ry huis toe was sterk, maar dan het die dag te lank geword. Ons was alby moeg en so ‘n ekstra stuk pad sou
definitief nie tot ons voordeel gestrek het nie.

Ons oornagplekkie in Piekenierspas.
4 Corners December Image120


4 Corners December Image121


4 Corners December Image122


4 Corners December Image123


4 Corners December Image124


4 Corners December Image125


4 Corners December Image126


4 Corners December Image210


4 Corners December Image211


4 Corners December Image212


4 Corners December Image213


4 Corners December Image214


Die hele oprit en parkering was vanaf 50mm tot 100mm diep gegooi van hierdie perskepitte. Nie goeie ryvlak vir die LT nie.
4 Corners December Image215


4 Corners December Image216


4 Corners December Image217


4 Corners December Image218


4 Corners December Image219


Dag 22 – 198Km Citrusdal na Huis 3Januarie2009


En so kom alle goeie dinge tot ‘n einde. Rustig opstaan, ontbyt eet en weer so 8:00 weggetrek op die laaste deel van ons roete was die
plan. Ons was egter so angstig dat ons net na 04:00 opgestaan het. Ons het rustig reggemaak en gepak. 06:00 Is ons hier weg en behalwe
vir baie erg mis het ons sonder voorval om 08:00 by die huis aangekom. Die roete het ons deur Piketberg, Mooreesburg, Abbotsdale,
Durbanville tot by die huis geneem.


Lesse geleer:

Moenie hierdie toer in die somer aanpak nie.

Vermy Transkei of die dorpies in Transkei.

Enige motorfiets kan hierdie toer doen. Die tyd is voldoende en die distansie per dag kan met enige motorfiets gedoen word.

Ek het gehou van die vooraf bespreking van slaapplek. Omdat die daaglikse distansies nie groot was nie kon ek afwyk van die beplande roete
sonder om myself te bekommer om by my bespreekte slaapplek te kom.

Verseker vooraf waar aandete bedien word en maak voorsiening vir eie eetgoed waar nodig.

Ek het my eie koffie en suiker saamgery en elke dag net melk gekoop. Die koffie en poeiermelk by die gastehuise is nie altyd van die beste nie.

Verseker dat die bespreekte plekke is waar jy verwag. Soos met my toer het ek my misgis met die blyplek in Augrabies.

Verseker ook dat die plekke wat jy bespreek aan jou vereistes sal voldoen. Dit is nie altyd moontlik om ander blyplek te kry nie.

Moenie teveel bagasie saamdra nie. Die helfte is gewoontlik oorbodig.

Ek het ook gevind dat dit beter is om my eie drinkding saam te karwy. Party plekke vra vir 'n enkel brandewyn soveel as wat 'n bottel jou sal kos.

Water is baie belangrik. Dra genoeg water saam en drink gereeld.

Diens jou fiets en verseker dat jou bande dit sal maak. Onkoste en ongerief om herstelwerk op die pad te doen is altyd hoog.

Ry die nodige gereedskap saam. Jy kan jou eie klein herstelwerk en pap wiele hanteer.

Wanneer jy enige motorfietstoer oorweeg.....Moenie DINK nie.....DOEN. Dit is lekker.
ChristoEngelbrecht
ChristoEngelbrecht
Supercharged
Supercharged

Number of posts : 59
Age : 70
Location : Gordons Bay
My bike : K1200LT R1200GSA R100RS
Registration date : 2008-09-21

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by GSlady 8th January 2009, 10:25

Baie dankie Christo! Pragtige foto's en goeie raad!
Ek glo dit was 'n vakansie en ondervinding wat lank onthou sal word!
GSlady
GSlady
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 859
Age : 63
Location : Pretoria
My bike : 800GS - now with MUCH more character! Still enjoying every minute!
Registration date : 2008-02-29

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by JR 8th January 2009, 11:53

ook so van hierdie kant.

weer eens geluk en dankie dat jy dit met ons gedeel het.

en o ja, ek dink jou fiets het meegewerk dat julle die temperatuur so ekstreem ervaar het. Ek het al met vol leer in die somer op 'n LT gery en die afwesigheid van wind op die fiets terwyl jy ry, maak van hom 'n mobiele sauna
JR
JR
The K-factor

Number of posts : 1164
Location : Gauteng
My bike : K1300S, F800GS
Registration date : 2008-06-02

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by Tony R 8th January 2009, 12:30

Awesome trip. Magnificent photos and wonderful text. Your comment about just doing it I think is the key here. Lots of us dream of doing a long trip like this but rarely get out and do them.

Tony R
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 225
Age : 69
Location : Randburg
My bike : Sadly no bike. Finances forced the sale of my Tigger.
Registration date : 2008-08-27

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by Enduro 15th January 2009, 20:19

Fantastic report- what beautiful photos too!! We are leaving 14th Feb for our one - cannot wait now...its excitement time!! Hope we have as much as an uneventful trip as you did ;-)

Enduro
Fuel Injected
Fuel Injected

Number of posts : 10
Age : 64
Location : Krugersdorp
My bike : 2008 BMW 1200ST
Registration date : 2008-06-09

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by Joe 15th January 2009, 22:46

Baie geluk en dankie vir die write-up Wink cheers
Joe
Joe
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 148
Age : 54
Location : Centurion
My bike : K1200S Indigo Blue
Registration date : 2008-08-03

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by Andre 16th January 2009, 07:04

Most comprehensive report accompanied by lovely photos I have ever seen Very Happy Thanks, it was really nice to re-live the 4-corners trip, that till this day was still the best trip I've ever had back in 2006 cheers
Andre
Andre
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 334
Age : 72
Location : Sandton
My bike : R1200RT, R1100S, Yamaha TW200 (also want the new S1000RR!!)
Registration date : 2008-07-26

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by Sias 2nd February 2009, 15:02

Great report en fotos! cheers cheers cheers
Sias
Sias
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 548
Age : 41
Location : Pretoria
My bike : F650GS Dakar
Registration date : 2008-07-10

Back to top Go down

4 Corners December Empty Re: 4 Corners December

Post by Sponsored content


Sponsored content


Back to top Go down

Back to top

- Similar topics

 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum