BMW Motorcycle Club Pretoria
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
Latest topics
» K 1200 GT FOR SALE ASKING R112 000.00 ono
by STEVE 19th November 2010, 13:45

» Three week Bliss
by Corlia 19th July 2010, 09:39

» From the UK - new element found in SA
by DaveS 7th July 2010, 18:53

» Tourmaster Airflow Pants
by Heretic 7th July 2010, 08:02

» Forum lockdown
by Admin 6th July 2010, 22:17

» New website, new forum!
by Marnus 6th July 2010, 20:10

» Who Will Win The Soccer World Cup
by 1150 adventure 4th July 2010, 12:06

» New forum?
by LeRoy Olivier 2nd July 2010, 10:40

» Your favourite photos
by Gert_GS_650 1st July 2010, 06:32

» NEW Clubhouse
by Thomas 30th June 2010, 21:44

Who is online?
In total there are 12 users online :: 0 Registered, 0 Hidden and 12 Guests

None

[ View the whole list ]


Most users ever online was 181 on 10th February 2021, 11:40
Statistics
We have 359 registered users
The newest registered user is Kruger

Our users have posted a total of 17455 messages in 1456 subjects

Women's day memoirs

+15
wingman
Mud Pooh-bah
DaveS
JR
Gemmerkat
DeonP
LeRoy Olivier
dakardrix
V K Frik (LT)
KnopKop
Marnus
GSlady
Sias
Corlia
tj
19 posters

Page 1 of 3 1, 2, 3  Next

Go down

Women's day memoirs Empty Women's day memoirs

Post by tj 12th August 2009, 16:19

Uiteindelik breek die dag aan en ons vertrek vanaf Atterbury Shell om 08h00. 11 Fietse en 13 siele en dan ook die bystand met Basie en Antoinette. Ongelukkig moes Deon & Lynn, Henning & Jean en Chis & Golda onttrek weens siekte.

Die eerste stop was Balmoralkerkhof op pad na Witbank. Die eerste knop-in-die-keel ondervinding en ‘n goeie poging vir ‘n “Volksmoord’ museum op die terrein.

Photobucket

Photobucket

Al het die Verskroeide Aarde-beleid van die Britse Lord Milner en sy kneg Kitchener meer as 26300 vroue en kinders uit die samelewing verwyder kan ek my nie vereenselwig met die woord ‘volksmoord’ nie. Dit was eerder ‘n uiters swak poging om mense in kampe te konsentreer en sodoende die ondersteuningsbasis van die guerrilla-boeremagte te elimineer. Die Britte se humanitere vermoëns was dan ook so pateties dat hierdie arme mense uitgeteer en weens swak mediese sorg uiteindelik gesterf het. Nie Volksmoord nie maar inderdaad ‘n uiters laakbare menseverwaarlosing. Dat die Britte tot vandag nie verantwoordelikheid hiervoor wou aanvaar nie is ook verstaanbaar maar totaal onverskoonbaar.

‘n Uitstekende ontbyt by Coffee & More in Middelburg voor ons die kerkhof in Middelburg besoek.

Photobucket

Waar is Dave dan?
Photobucket

O, Hier is hy

Photobucket


Vandaar ‘n lekker lang rit via Hendriena, Ermelo, Volksrus, NewCastle tot in Vrede waar ons by Ouhout oornag. Wow, die pad van New Castle tot in Vrede vra om gery te word, Sweeps, straights, potholes en alles wat jou hart begeer…

Die eerste fietse by die uitdraai na Vrede

Photobucket

What happens on tour stays on tour Smile

Photobucket


Net betyds vir die rugby om ons Bokke oor die doellyn te help. Sonder ons ondersteuning sou hulle gesukkel het om hul onoorwonne rekord te kon handhaaf. Die aandete was puik en die kuier nog lekkerder. Ek dink ek het eers hier rondom die draai van die nag kamer toe gestrompel, laaaank na Trudie ons verlaat het!

Photobucket

Photobucket


Sondagoggend via Frankfort na Heilbron vir die derde kerkhof. Goed instand gehou en hartseer as jy al die name op die monumentskrif lees. Geen Afrikaanse van is uitgelaat op hierdie monumente nie. Noem dit en dis daar, sommer die hele familie s’n en by sommiges dae uitmekaar soos hulle gesterf het.

Photobucket

Heilbron neem ons na Kroonstad en Brandfort se Kerkhowe. Weereens is die hartseer so duidelik teenwoordig wanneer jy deur die grafte wandel. Hoe moes hierdie arme mense nie gely het nie? Brandfort se kerkhof is op ‘n privaatplaas geleë en die eienaar het vir ons toegang verleen. Paul Alberts het die plaas in die vroeë 2000 gekoop om die kerkhof te bewaar en laat net groepe op afspraak toe weens die vandalisme wat daar hoogty gevier het in die verlede. In hierdie kerkhof is ‘n hele Maree-familie uitgewis. Moes my familie gewees het want my voorsate kom uit die Vrystaat – tragies. So is elkeen van ons op ‘n mindere of meerdere mate deur hierdie oorlog en smart geraak.

Photobucket

Photobucket

Ons oornag in Bloemfontein by die Country-Inn en met vooraf reëling doen die dames hul ding en die mans ondersteun. In die lapa slaan almal ‘n aandete saam wat jou asem wegslaan en ook uiteindelik die honger stil. Die oudstryders kuier weer tot laat en los die wereld se probleme net daar op… net om die volgende oggend te besef almal is weer terug op hul plek. Dis nou die probleme!

Jamie aan't vleis berei

Photobucket

Wanneer Christa lekker kuier, is haar voete op die stoel!

Photobucket

Photobucket


Photobucket


Negedertig, na ontbyt ontmoet ons Johan Hattingh vir ‘n uiters emosionele en ingeligte toer van die oorlogsmuseum en dan die hoogtepunt van die toer, die vrouemonument. Johan se voorligting was beloof om 45minute te duur, maar ek dink dit was omtrent dubbeld so lank – ons kon net nie genoeg kry nie. Een volle dag is te min om alles daar in te neem!

Die Afskeid- beeld deur Danie de Jager

Photobucket

Johan Hattingh voor 'n uitstalling van die Boeresoldaatgroep; die oupa, pa en seun met die agterryer

Photobucket

Die slag van Perdeberg (Een van ses olieverfskilderye wat die grootste in SA is, 6m x 3m)

Photobucket

Photobucket

Die Moeder met sterwende kind en onbekende ondersuner

Photobucket
Soos vroeër genoem het hierdie oorlog en die gepaardgaande lyding op elkeen van ons ‘n invloed, direk of indirek. So het
- die verstedeliking posgevat in Pretoria en Johannesburg en elders toe die Boeresoldate van die slagveld en krygsgevangenekampe teruggekom het na die verskroeide aarde waar niks meer oor was van hul vorige plase nie en moes hulle noodgedwonge stede toe om werk te soek in die myne wat in daardie tyd soos paddastoele opgespring het;
- die dood van baie duisende mense die gevolg gehad dat met normale aanwas, sou die oorlog nie plaasgevind het nie, die Boere/Afrikanervolk vandag 5 miljoen siele sterker gewees het.
- die opkoms van politieke denke onder die swartmense posgevat. Die swartmense was in twee kampe verdeel tewete die lojales saam die Boeremagte want hulle het geglo in die Boere se saak en dan aan die anderkant díe wat in die Britte se beloftes geglo het en teen betaling saam die Britte geveg het. Daardie klomp het dan ook met hul plaasdlike kennis die Boeregesinne uitgelewer. Die belofte was dat stemreg aan hulle besorg sou word indien die Britte die oorlog wen. Elf jaar ná die oorlog is die Britte se belofte met ydel verskonings steeds nie gestand gedoen nie en het die Swartes besluit om hulself ook tot die politiek te wend, vandaar die stigting van die ANC in 1912!

Die Vrouemonument is een van net twee in die wêreld wat vir vroue en kinders per se opgerig is, die ander een is in Duitsland. Hier is geen onderskeid van ras, kleur of ouderdom nie. Dis vir alle vroue wat in oorloë gely het. Inderdaad ‘n monument om op trots tre wees. Wanneer mens daar rondwandel, wil jy eintlik nie vertrek nie. Die emosie is te groot en wil jy dit heeltyd koester.

Ons net voor ons vertrek huistoe. Jammer Jamie en Stienie kon nie die oomblik met ons deel nie. Hulle moes vroeër vertrek.

Photobucket

So sê Oscar Wilde dan ook:

“The strength of woman comes from the fact that psychology cannot explain them. Men can be analysed, women merely adored”

Elkeen het ‘n vrou in sy of haar lewe: ‘n ma, ‘n vrou, ‘n suster, ‘n dogter. Die een so onverstaanbaar soos die ander. Ons kan hulle maar net vurig liefhê!
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 69
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by Corlia 12th August 2009, 16:53

Wow!!! Baie dankie dat jy dit gedeel het Johan! Dit lyk BAIE interessant!! cheers cheers
Corlia
Corlia
Committee member
Committee member

Number of posts : 335
Age : 40
Location : Meyerspark
My bike : Dakar 650 GS Pillion
Registration date : 2008-07-15

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by Sias 12th August 2009, 17:22

Lyk of julle 'n baie lekker trip gehad het! Bly julle het dit geniet Very Happy
Sias
Sias
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 548
Age : 41
Location : Pretoria
My bike : F650GS Dakar
Registration date : 2008-07-10

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by GSlady 12th August 2009, 20:13

Dankie Johan - voorwaar baie interessant. Kan my die knop-ini-keel emosies indink...
Bly julle het dit geniet!
GSlady
GSlady
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 859
Age : 63
Location : Pretoria
My bike : 800GS - now with MUCH more character! Still enjoying every minute!
Registration date : 2008-02-29

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by Marnus 12th August 2009, 20:24

Wow. Dit lyk voorwaar soos 'n rit met substansie! Dankie vir die foto's & verhale. Maak my lus om volgende keer saam te gaan! GS of te not!!! Smile
Marnus
Marnus
Committee member
Committee member

Number of posts : 936
Age : 49
Location : Pretoria
My bike : R1200GSA / G450X / YZ450F
Registration date : 2008-11-20

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by tj 12th August 2009, 21:16

Daar was 4 GS-fietse op die trip. Jy sal altyd netso welkom wees. Gelukkig gaan dit nie oor die tipe fiets wat 'n ou ry nie, maar die 'ride'

Ons padfietse moes soms ook GS op hierdie trip, en dit was sommer maklik. Basketball
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 69
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by KnopKop 13th August 2009, 11:23

Dit lyk na 'n lekker koue trippe!!!

Maar dit lyk darem of julle die rit baie geniet het, die geskiedenis kan baie interessant wees.


Shocked
KnopKop
KnopKop
Committee member
Committee member

Number of posts : 823
Age : 44
Location : Pretoria
My bike : 2008 BMW X-Challenge

Registration date : 2008-06-04

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by V K Frik (LT) 13th August 2009, 15:44

Hi Trudie en Johan,

Tks vir al julle moeite, en die gepaste woorde om ons manne n oomblik te laat stil staan en dink , dit is n trip wat ek nie self aan sou dink om te doen.
V K Frik (LT)
V K Frik (LT)
Fuel Injected
Fuel Injected

Number of posts : 38
Age : 67
Location : Pretoria
My bike : Blue
Registration date : 2009-03-09

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by Sias 13th August 2009, 17:13

tj wrote:Daar was 4 GS-fietse op die trip. Jy sal altyd netso welkom wees. Gelukkig gaan dit nie oor die tipe fiets wat 'n ou ry nie, maar die 'ride'

Ons padfietse moes soms ook GS op hierdie trip, en dit was sommer maklik. Basketball

Die S'ers is ook enige tyd welkom op 'n GS trip Twisted Evil Wink
Sias
Sias
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 548
Age : 41
Location : Pretoria
My bike : F650GS Dakar
Registration date : 2008-07-10

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by dakardrix 13th August 2009, 17:25

Nice julle! cheers
dakardrix
dakardrix
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 608
Age : 59
Location : Pretoria
My bike : F800GS
Registration date : 2008-12-11

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by LeRoy Olivier 13th August 2009, 20:53

Sou die trippie bitter graag wou meemaak - die impak daarvan sal mens altyd bybly. Julle het duidelik nie al die terreine gedek nie - maak weer volgende jaar so in die ander rigting. Snaaks om Blou LT te sien en ons is nie daar nie - wie se bike is dit.
LeRoy Olivier
LeRoy Olivier
LT Fanatic

Number of posts : 1394
Age : 62
My bike : K1200LT
Registration date : 2008-06-09

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by tj 13th August 2009, 21:02

LeRoy

Dis Frik va Staden, 'n relatiewe nuwe lid. Het ook die Canopy Tour in April meegemaak. Baie nice ou! Smile Het ook hierbo geskryf

Hy is egter netso gek oor sy LT as jy en kla elke keer as ons die teer verlaat. Maar wat, ons is al gewoond aan julle ouens en geniet julle treurmares.

Ons (sal liewer nie die outeur se naam noem) het die LT gedoop as "VET-K" - heel gepas né? bounce

Ja onmoontlik kon ons al die terreine dek. Daar is 58 konsentrasiekame en ons het net 7 besoek.
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 69
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by DeonP 13th August 2009, 21:12

Thanks for sharing.
Looks like it was a fun and interesting trip.
So often we ride through towns and don't appreciate the history.
Well done !
DeonP
DeonP
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 469
Location : RANDPARK RIDGE , GAUTENG
My bike : 1200GS ADVENTURE
Registration date : 2008-07-09

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by Gemmerkat 14th August 2009, 09:14

Sias wrote:
tj wrote:Daar was 4 GS-fietse op die trip. Jy sal altyd netso welkom wees. Gelukkig gaan dit nie oor die tipe fiets wat 'n ou ry nie, maar die 'ride'

Ons padfietse moes soms ook GS op hierdie trip, en dit was sommer maklik. Basketball

Die S'ers is ook enige tyd welkom op 'n GS trip Twisted Evil Wink

Dit klink na 'n uitdaging. Jy sal verbaas wees oor wat ons S'e als kan doen. Laughing
Gemmerkat
Gemmerkat
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 168
Age : 60
Location : Kempton Park
My bike : GR800 ST
Registration date : 2008-08-13

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by Sias 14th August 2009, 09:54

Jul sal verseker 'n ander tipe respek afdwing met 'n S op die G Shocked
Sias
Sias
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 548
Age : 41
Location : Pretoria
My bike : F650GS Dakar
Registration date : 2008-07-10

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by JR 14th August 2009, 12:09

Verskoon asb my moedertaal kommunikasie maar dit sou jammer wees indien die opsteller se werklike bedoeling verlore gaan in die vertaling………..

Dit was inderdaad ‘n baie lekker trip……..selfs die lang “boring” teer gedeeltes.

Gewis ‘n trip met ‘n verskil maar selfs die uwe, wat nie vreeslik groot op geskiedenis is nie, het dit baie verrykend gevind.

Ongelukkig en ironies hartseer……………………….

so getrou soos die horlosie het ‘n sekere “gevleulde” forumlid wat nie ‘n klublid is nie en ook nie ‘n motorfiets ry nie, dit sy plig gevoel om ‘n (vrot) eier te lê en weer eens, soos in die verlede, probeer poog om iemand anders se wel gekonstrueerde artikel te laat ontspoor of anders gestel, ‘n verdere wig tussen die grond- en teerpad ryers in te dryf………heelwaarskynlik seker weer on die vaandel van korswel (banter).

Vir die wat die geleentheid meegemaak het is die "memoirs" kosbaar - respekteer dit derhalwe as sulks.

Dit het wel vinnig verdwyn maar nie voor vele daarvan kennis geneem en kapsie daarteen aangeteken het nie. Spaar ook maar die aanmerkings aangaande oorsensitiwiteit en vryheid van spraak. Hierdie is ‘n forum “deur die lede, vir die lede” en seersekerlik kan hulle besluit of dit aanvaarbaar is aldan nie.

Bewerings dat ek nie die vorige rondte te ruste wou lê nie is gemaak en derhalwe het ek my onttrek en my lappe gepak sowel as min of geen betrokkenheid by opruiende kroegdebatte rakende die onderwerp. Ek is egter nie daardeur met doofheid ook geslaan nie en kon deur net te luister met die grootste eerlikheid getuig, dat die vorige skermutseling veel dieper gesny het as wat ons gelei word om te glo.

Miskien het dit tog tyd geword om die vraag direk te stel………

Mnr “Wingman” jy het reeds regekry om ‘n paar lotgevalle in jou pad te laat op die forum. Wat is jou volgende teiken?..........die algemene harmonie in die klub???. Wel doet so voort, jy is stewig oppad……..

Alhoewel motorfiets ry by my ‘n leefstyl is, behoort hierdie forum by uitstek vir inligting uitruiling en ontspannings doeleindes gebruik te word.

‘n Oordosis van politiekery word in die beroepslewe ervaar…….laat dit asb uit die ontspanning gedeelte van ons bestaan.

Eenvoudig – soos ek vir een al direk in die verlede aan jou gestel het – as jy as “onbetrokkene” nie iets konstruktief kan bydra nie, weerhou jou asb van negatiewe aanmerkings (banter in jou boek) in ander se skeppings al is die drang ook hoe groot.

en daarmee my 1000ste bydrae op die forum alhoewel die kans seker redelik goed is dat dit spoedig weer 999 sal wees
JR
JR
The K-factor

Number of posts : 1164
Location : Gauteng
My bike : K1300S, F800GS
Registration date : 2008-06-02

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by DaveS 14th August 2009, 12:51

For those uncertain about the meaning of Jamie's post above some clarity.

Last night our esteemed non-member, Wingman, found it fit to take another dig at the road riders in a reply to a post that TJ had made.

TJ in turn replied as did another forum member.

Needless to say these posts have disappeared from the forum so others cannot see the posts and judge for themselves the intention of the comment made the Wingman - who seems to just look for controversy as far as members of the club who join the 'road' trips are concerned.

So, I have to wonder to myself, what is his real intention here and why does it continue??
DaveS
DaveS
Committee member
Committee member

Number of posts : 1428
Location : Centurion
My bike : R1200GSA: R1200S(I think - has been annexed by Dorothy): S1000RR
Registration date : 2008-07-28

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by tj 14th August 2009, 13:19

Hoekom nooi ons nie vir Wingman na 'n klubaand dat hy self die gees en idioom van die klub ervaar nie. As hy die gesig agter die skuilnaam ontmoet sal hy dalk sy gedagte verander.

Niks so goed as om 'n dop saam te drink en skouervryf nie Very Happy
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 69
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by Mud Pooh-bah 14th August 2009, 13:26

To our esteemed members, there is a Latin saying that goes as follows:
Aquila non captat muscas.

Use it, do not use it... Wink
Mud Pooh-bah
Mud Pooh-bah
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 458
Age : 114
Location : Petoorsdorp
My bike : BMW R1150 GS Adventure, Yamaha WR250F, Suzuki DR200 and counting
Registration date : 2008-06-10

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by wingman 14th August 2009, 16:57

Jis MadnohB, I really take pleasure in reading your elucidation of proceedings. Regrettably devoid of any essence. You are reminiscent of a bull terrier, once you bite you just never let go.

“Don’t be so sensitive!” Although those words can add insult to injury, exacerbating feelings already rendered raw, I don’t say this to make you wince. I say them because I want you to know they had no intention of hurting you or any other member, try and appreciate the humour in the remarks, some pejorative "Lighten up!" messages, but your comments so far have convinced me that this is inappropriate with certain forum members because they want to read it in a belligerent way.

Don’t be so serious and let’s change the meaning of the word BANTER to TEASING.

As far as my non-membership / Lack of bike is concerned, it sure is on my wish list but having 2 kids at varsity, new cars etc. it will have to wait, I cant wait to hit those special stages on my own GS……oops ok GS is a dirty word…..let’s say off road machine

Tj I think its time to have that “Dop” I owe you and MadnohB a few

Mud Pooh-Bah, brilliant summation

BTW: It sure is good to see my old sparing partner back on the forum.

Please be advised, this is not a so-called hi-jacking of this thread it is bears relevance to comments made on the subject matter.
Smile Smile
wingman
wingman
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 102
Age : 70
Location : Gauteng
Registration date : 2008-07-15

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by LeRoy Olivier 14th August 2009, 18:25

This is a storm in a Tea-Cup. Each of us has a right to air his/her views on the forum.
It is however the administrators right to remove or not to remove depending on the nature of the contents.
In the past a few of my postings were also removed - so what. Maybe it is time that we all get less touchy and allow the sun to shine over the other.
It seems even though Dave and Jamie did not post on the forum they still read it.
Jamie - congrats on reaching your 1000st posting.
LeRoy Olivier
LeRoy Olivier
LT Fanatic

Number of posts : 1394
Age : 62
My bike : K1200LT
Registration date : 2008-06-09

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by tj 14th August 2009, 19:03

Sopas tuis arriveer en het hier nie dinge gebeur nie?!?

Kan ek ook weer my stuiwer in die armbeurs lê? Sal egter nie so'n hogere taal gebruik nie, die betekenis mag dalk verbygaan in die sukkel met ontsyfer?

1. Modder-Poe, Wat probeer jy sê? Is dit soos in 'Lief haar, maar moet haar nie lief nie'? Wink

2. Wingman. Ek staan by wat ek gesê het; Kry 'n fiets en geniet hom, dan sal jy ons denke verstaan. Goedige spot en terg is altyd gesond, maar daar is perke. As ek jou geken het en jy het daardie woorde in 'n private opmerking/epos geuiter, dan het ek dit in die regte lig aanvaar. Dit gaan nie altyd oor wat jy uiter nie, maar hoe dit oorkant ontvang word. Onthou, jy ken nie die persoon wat jy teiken nie en dít is waar jou probleem lê. Ons is almal uniek en wil graag die erkenning hê wat ons voel ons verdien, nie 'n dwarsklap uit die vreemde nie.
Soos jy noem en ook tevore, is dit nie wat jy bedoel het nie, dus, tel dan liewer jou woorde totdat jy die mense anderkant die draad ontmoet het en dan gaan jou spot/terg 'n totaal ander inklinasie openbaar.
'n Forum is ook 'n baie sensitiewe medium in die sin dat jy agter 'n swart skerm amper incognito en 'onaantasbaar' is. Ek sal nooit met my beste vriend oor 'n forum skerts soos wat ek met hom oor bv 'n epos skerts nie. Daar is grense en ander 'luister in'
Hierdie is eintlik 'n les teen boelietaktiek onder grootmense. Ek het sedert skooldae 'n kleintjie dood aan boelies.
Ek is ernstig oor die dop; kom kuier en kom praat met ons - ek wil jou graag vas in die oë kyk Smile

Jou teiken teen die padryers is jou saak. Onthou sommige mans verkies brunet en andere blondines. Binne is hulle maar dieselfde onverstaanbare spesie. Ons is een groep, maar met verskillende paaie. Dit het ook niks met 'n GS te doen nie. GS is 'n fiets en die meeste van hulle kom nooit op 'n grondpad nie. En hoewel ons goedig met mekaar spot, is ons 'n baie hegte eenheid en vertroetel ons hierdie band met 'n passie, daarom ons heftige reaksie.

Ek hoop jy sal die positiewe gesindheid in my woorde sien en so jou gedagterigting aanpas, anders - wel dan gaan ons permanent koppe stamp en dit sal net erger word.

The ball is now in your court. Basketball

LeRoy, jy is welkom om te dink dis 'n koppiestorm, ek voel weer dis 'n orkaan aan't ontwikkel. Dis nou tyd om aan te pas.
Dit is waar dat Admin die reg het om te oordeel. Is dit egter reg dat Admin optree sonder om net bietjie dieper te kyk na die goeie bedoeling agter die woorde voordat die stuk 'delete' word? Byvoorbeeld, Wingman se woorde was seker vir 'n dag lank op die forum en niemand het iets gesë nie, totdat ek my objeksie loods. Toe word albei uitgevee minute na my enter. Nee, dis nie regverdig teenoor ander lesers wat nou in die donker gelaat is nie. Admin kon eerder eers met Wingman geskakel het en dan met my voordat Admin optree. Het Admin met Wingman geskakel?

Admin: Please don't delete this enter?? pale
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 69
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by LeRoy Olivier 14th August 2009, 19:30

Moet almal so liggeraak wees - ???. Seker ook hoekom ek my banter afgetaan het - weet nie wanneer iemand eksepsie gaan neem nie. As ek darem kyk hoeveel ??? ek kry oor ek met 'n "Old Mans Bike" ry wyl ek nog bloedjonk is - !!!!!!!!. As elke keer my speelgoed gegooi het??????
Wingman - you rocked the cage - from your perspective, as i did in the past - would suggest that you do join us at the Noggin one friday evening - to allay all of these issues.
Miskien moet Admin versuim om enige moderasies te doen vir die volgende 3 maande en dan kyk ons wat is die algemene gevoel en gevolge daarvan. Kyk self, nie een van die posts is verwyder nie.
So almal wat daaroor gejap het - dit is nie afgehaal nie en gaan dalk ook nie.
Groete en lekker ry die naweek
LeRoy Olivier
LeRoy Olivier
LT Fanatic

Number of posts : 1394
Age : 62
My bike : K1200LT
Registration date : 2008-06-09

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by Richard H 14th August 2009, 19:32

Dear all...

DON"T KNOCK ADMIN - ADMIN HAS MY FULL SUPPORT !
If anyone has a problem, take it up with ME please !
PM me, call me, whatever....
Evil or Very Mad
The Chair Man.

PS: Madnohb, welcome back.
Very Happy
Richard H
Richard H
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 625
Age : 69
Location : Jacaranda City
My bike : R1200GS, R100S
Registration date : 2008-06-09

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by wingman 14th August 2009, 20:24

TJ ....I must say that I was very courteously advised via a PM that my posting was going to be removed, which I fully appreciated and comprehended.
wingman
wingman
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 102
Age : 70
Location : Gauteng
Registration date : 2008-07-15

Back to top Go down

Women's day memoirs Empty Re: Women's day memoirs

Post by Sponsored content


Sponsored content


Back to top Go down

Page 1 of 3 1, 2, 3  Next

Back to top


 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum