Latest topics
» K 1200 GT FOR SALE ASKING R112 000.00 onoby STEVE 19th November 2010, 13:45
» Three week Bliss
by Corlia 19th July 2010, 09:39
» From the UK - new element found in SA
by DaveS 7th July 2010, 18:53
» Tourmaster Airflow Pants
by Heretic 7th July 2010, 08:02
» Forum lockdown
by Admin 6th July 2010, 22:17
» New website, new forum!
by Marnus 6th July 2010, 20:10
» Who Will Win The Soccer World Cup
by 1150 adventure 4th July 2010, 12:06
» New forum?
by LeRoy Olivier 2nd July 2010, 10:40
» Your favourite photos
by Gert_GS_650 1st July 2010, 06:32
» NEW Clubhouse
by Thomas 30th June 2010, 21:44
Who is online?
In total there are 66 users online :: 0 Registered, 0 Hidden and 66 Guests None
Most users ever online was 181 on 10th February 2021, 11:40
Statistics
We have 359 registered usersThe newest registered user is Kruger
Our users have posted a total of 17455 messages in 1456 subjects
Winter Chill Out
4 posters
Page 1 of 1
Winter Chill Out
Naand almal
Deon hierso. Ek wil graag by Klub Lede hoor wie sal belangstel in n 'Road Trip' oor die naweek van 13 tot 16 Junie vir ons 2009 Winter Chill Out Run. Die gedagte is dat ons n kombinasie van n bietjie koue weer en dan lekker warm Suidkus weer ondervind. Die roete sal basies as volg wees:
Saterdag 13 Junie - Ry Clarens toe - so 360 km . Heel Middag Saterdag om rustig in die dorp rond te stap en te verken. Kom dan Saterdagaand bymekaar vir gesellige aandete bymekaar.
Sondag 14 Junie - Ry deur Golden Gate tot by die Sterkfonteindam afdraai en dan met die R74 Bergville, Winterton, Estcourt, Mooi Rivier toe. Hier begin die 80 km van die Midlands Meander tot in Pietermaritzburg. As almal gesien en gekoop het wat hulle wil dan vat ons die vinnigste roete Suidkus toe . Ek ondersoek die moontlikheid van selfsorgeenhede by Bazley of Kelso maar is oop vir enige voorstelle?
Maandag 15 Junie - Ons los die dag oop vir lede sodat hulle kan ry of maak soos hulle wil. Dit is n werksdag so n dag se verlof is nodig. Ek verneem graag van lede wat voorstelle het vir die dag of ons kan rustig op die strand verkeer.
Dinsdag 16 Junie - Ondervinding het al gewys dat meeste van ons die vinnigste pad huistoe wil neem al is daar n paar rand se tolgelde betrokke. As ons wel n groep bymekaar kry sal ons Dinsdagoggend finaal ( demokraties) besluit watter pad huistoe vir ons die beste sal pas.
Hierdie roete is beplan vir die padfietse so ons gaan op teer ry. Ek weet Adriaan Scheepers werk ook met alternatiewes wat seker meer vir die grondpadmanne geskik sal wees . Ons wil egter ook vir die dames voorsiening maak met die kuns in Clarens en ander besienswaardighede op die Midlands Meander.
Miskien pas die naweek diegene wat nie die ABBG kan bywoon nie. Ek verneem graag wat die belangstellingsvlak is sodat ons besprekings kan maak waar nodig.
Groete
Deon Mattheys
Pad Roetes Kommitee

Big Blue- Committee member
- Number of posts : 26
Age : 62
Location : Gauteng
My bike : 1100 Gs
1150 GS
1200 GS
Registration date : 2008-08-11
Re: Winter Chill Out
Dankie Johan,
Ons sal maar sien hoe die belangstellings vlak lyk. Miskien is daar net te veel dinge beplan en lede kan dit nie alles inpas nie ?
groete
Deon

Klink lekker - sou wou saamry - sal dit egter nie kan maak nie.
LeRoy Olivier- LT Fanatic
- Number of posts : 1394
Age : 63
My bike : K1200LT
Registration date : 2008-06-09
Re: Winter Chill Out
Dit lyk my die koue gaan die land Vrydag tref.
As daar nie ander lede is nie, gaan ek en Ina Saterdag oggend met die motorfiets Durban toe ry vir die langnaweek. Dit sal dan miskien 'n bietjie te koud wees om die aand in Clarens oor te bly.

JohanGT wrote:Dit lyk my die koue gaan die land Vrydag tref.
As daar nie ander lede is nie, gaan ek en Ina Saterdag oggend met die motorfiets Durban toe ry vir die langnaweek. Dit sal dan miskien 'n bietjie te koud wees om die aand in Clarens oor te bly.
......mits julle dit tog oorweeg om in Clarens oor te slaap, kan julle dit oorweeg om by Ash River Lodge te 723 Van Reenen Str (058 256-1717 of 083 447-9925) oor te bly. Ek het verlede Oktober toevallig daar uitgekom en die eienaar Johan Lehman (ook 'n biker) het my besonder goed behandel....ook sommer afslag gegee omdat dit nie 'n besige naweek was nie!! Die huis is groot/betreklik nuut en die kamers baie netjies.
Vra hom net oor die laaste 150 meter grondpad na die huis....dit was nogal sleg, maar hy het destyds gese hulle gaan iets daaraan doen.
JCM- Turbocharged
- Number of posts : 154
Location : Wingate Park
My bike : R1200RT
[Anulos qui animum ostendunt omnes gestemus!]
Registration date : 2009-02-08
Re: Winter Chill Out
Baie dankie, dit is 'n goeie idee vir Vrydag aand miskien. Weet jy dalk of daar verwarmers in die kamer is?
Re: Winter Chill Out
Trek net warm genoeg aan. Klink in elke geval na 'n lekker rit.
LeRoy Olivier- LT Fanatic
- Number of posts : 1394
Age : 63
My bike : K1200LT
Registration date : 2008-06-09
Re: Winter Chill Out
My eintlike probleem is nie die koue nie want ons het goeie, lekker warm klere. My probleem is my bril wat aanwasem agter die valhelm. Sal miskien weer moet dink aan kontaklense.
Re: Winter Chill Out
JohanGT wrote:Baie dankie, dit is 'n goeie idee vir Vrydag aand miskien. Weet jy dalk of daar verwarmers in die kamer is?
Kan nie onthou nie....jy weet mos hoe dit gaan....dit was Oktober en toe het ek nie een nodig gehad nie. Bel hom gerus more.....dis sy persoonlike selfoonnommer daardie....die ander nommer is "ontvangs". Onthou om hom te vra van die 150m grondpad.
JCM- Turbocharged
- Number of posts : 154
Location : Wingate Park
My bike : R1200RT
[Anulos qui animum ostendunt omnes gestemus!]
Registration date : 2009-02-08
Re: Winter Chill Out
Goed, sal so maak. Baie dankie. Ek is nie baie lus om die K1200GT op te tel as hy omval nie. Die fiets is nie die probleem nie, maar Ina sal my velle aftrek as ek haar laat val.
Re: Winter Chill Out
JohanGT wrote:Ek is nie baie lus om die K1200GT op te tel as hy omval nie.......
As jy 100% seker wil maak om geen grondpad te ry nie, probeer Sue Campbell se plek in Clarens. Kyk www.278onmain.co.za
Dis bietjie duurder as Ash River Lodge, maar Sue se kos is (was) baie lekker toe ek laas daar was! Die nommer daar is 082 556-5208.
JCM- Turbocharged
- Number of posts : 154
Location : Wingate Park
My bike : R1200RT
[Anulos qui animum ostendunt omnes gestemus!]
Registration date : 2009-02-08
Re: Winter Chill Out
Wow, dit is darem lekker om sulke kontakte te hê. Baie dankie julle ouens, julle maak darem die lewe vir 'n mens baie lekker.
Re: Winter Chill Out
More Johan,
Ek het Vrydagaand by die Klub vergadering gepraat or die beplande toer. Ek kry die gevoel dat dit net te naby aan die ABBG beplan is en lede nie die tyd kan afstaan vir nog n lang-naweek nie. Ek sal met Dani in verbinding bly maar tyd raak min en dit lyk asof die belangstelling maar net nie daar is nie.
Ek wil dankie se vir die informasie wat gepos is oor die verblyf in Clarens. Daar is n goeie toerisme reklame kantoor vir Clarens maar persoonlike aanbeveling bly maar die beste.
Groete
Deon
Ek het Vrydagaand by die Klub vergadering gepraat or die beplande toer. Ek kry die gevoel dat dit net te naby aan die ABBG beplan is en lede nie die tyd kan afstaan vir nog n lang-naweek nie. Ek sal met Dani in verbinding bly maar tyd raak min en dit lyk asof die belangstelling maar net nie daar is nie.
Ek wil dankie se vir die informasie wat gepos is oor die verblyf in Clarens. Daar is n goeie toerisme reklame kantoor vir Clarens maar persoonlike aanbeveling bly maar die beste.
Groete
Deon
Big Blue- Committee member
- Number of posts : 26
Age : 62
Location : Gauteng
My bike : 1100 Gs
1150 GS
1200 GS
Registration date : 2008-08-11
Re: Winter Chill Out
Dankie Deon, dit lyk my hierdie gaan die kleinste Winter Chill Out ooit wees - net ek en Ina.
In elk geval, dankie dat jy die ding aan die gang gesit het, dit het ons laat besluit om die ding te doen. Ek probeer nou al die foto plekke in die hande kry sodat ek darem iets het om die ander se aptyte op te kikker vir die volgende een.
Ek dink ek sal maar hierdie Winter Chill Out ride lei en dan sal ek Ina vra om die Sweep te wees.

Similar topics
» Weekend Ride Winter Chill 14 - 16 June
» Winter Chill Out: 14-16 June, Natal Spa
» Sun City Winter Warmer Run - 2 August
» Winter Chill Out: 14-16 June, Natal Spa
» Sun City Winter Warmer Run - 2 August
Page 1 of 1
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum