BMW Motorcycle Club Pretoria
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
Latest topics
» K 1200 GT FOR SALE ASKING R112 000.00 ono
by STEVE 19th November 2010, 13:45

» Three week Bliss
by Corlia 19th July 2010, 09:39

» From the UK - new element found in SA
by DaveS 7th July 2010, 18:53

» Tourmaster Airflow Pants
by Heretic 7th July 2010, 08:02

» Forum lockdown
by Admin 6th July 2010, 22:17

» New website, new forum!
by Marnus 6th July 2010, 20:10

» Who Will Win The Soccer World Cup
by 1150 adventure 4th July 2010, 12:06

» New forum?
by LeRoy Olivier 2nd July 2010, 10:40

» Your favourite photos
by Gert_GS_650 1st July 2010, 06:32

» NEW Clubhouse
by Thomas 30th June 2010, 21:44

Who is online?
In total there are 33 users online :: 0 Registered, 0 Hidden and 33 Guests

None

[ View the whole list ]


Most users ever online was 181 on 10th February 2021, 11:40
Statistics
We have 359 registered users
The newest registered user is Kruger

Our users have posted a total of 17455 messages in 1456 subjects

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

+3
dakardrix
Wahl
tj
7 posters

Page 1 of 2 1, 2  Next

Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by tj 29th December 2009, 19:20

Ja, dis ons nie beskore om hierdie tyd van die jaar die ver paaie aan te pak nie.

- gewoonlik vanaf 16 Des is dit die personeel se beurt om hul jaarlikse verlof (of dit wat daarvan oor is) te neem en ek & Trudie moet die plot oppas

- Ons het beplan om die koeie vanaf Nov te KI sodat hulle net na die winter kalf en sodoende in gunstige omstandighede vir die kallers kan sorg.



Nou ja, soos baie seker weet kom staan die koeie nie in ‘n ry om gedress te word nie, ongelukkig nie! Dis ‘n proses van dophou, kyk hoe die jong bulletjies hul geluk probeer by ‘n spesifieke koei en dan moet ons laataand met ‘n flits gaan ondersoek instel – om te sien of daar ‘n bulstring sigbaar is… dan is dit Trudie se beurt om vroegoggend haar ding te doen, met my hier in die omgewing om hand te gee waar nodig.



So is twee koeie reeds gedoen en dis waar ons storie begin:



Donderdag 24 Des.



Trudie se seun Ihan kuier by ons en hy is lus vir motorfiets ry. Ons besluit om ontbyt te gaan eet in Potchefstroom!

Nog altyd wou ek op die pad via Ventersdorp daarheen gaan kyk hoekom ‘n stuk pad tussen Krugersdorp en Ventersdorp vir verkeer gesluit is. Dit noodsaak ‘n hengse ompad en dalk kan fietse net daardeur kom. By die sluiting aangekom is daar ‘n ingang, sekerlik vir die plaasbewoners wat deur die pad bedien word. Ons ry en ry, uiteaard ‘n lekker stil pad en die kilometres gaan gou verby – vir sowat 13km, toe kry ons hope grondversperrings oor die pad en ons wyk uit na ‘n grondpad langsaan, duidelik op ‘n boer se plaas.

Sowat 2km verder klim ons weer op die teer en toe moet ons heen en weer deur die grondhope, en sien ons die rede.

Sinkgate, en sommer diep hoor, tot sowat 3m op plekke! Weerskante van die pad en ook sommer op die teerblad. Die teerblad het darem nie heelteaml weggesak nie en is rybaar met die fietse. Soms moet jy afklim van die ryvlak en om ry.



Op een plek is Trudie bang vir die modder en moet ek haar fiets deurvat

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? 0_DSC_0029

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? 0_DSC_0030



Ons kom toe deur tot by die einde van die probleem en ook reg teenaan die anderkantste versperring. Die verbyverkeer is nie eers 30m van ons af nie. Maar dis hier wat die manne ‘n deeglike werk met hul grondhope gedoen het. Daar is geen oorgaanplek vir ons twee fietse nie!



Wel ‘n tweespoorpaadjie na links wat lyk of dit na ‘n hek verder af by die hoofpad gaan aansluit.

Hier is Trudie op pad in die paadjie

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Th_24122009007



Direk hierna is daar ‘n oulike hek wat oopstaan… met ‘n vars hoop grond dwars in getiep! Seker meer as 10kub m! Ook geen deurkom nie. Dit lyk amper of iemand vir ons gewag het.

Oplossing? Ons moes die hele pad terug tot by die begin en die ompad via Carletonville volg!

Met ‘n GS? Ja OK, dan sou dit maklik gewees het!



Ontbyt by Mooirivier Mall se Mug & Bean is altyd ‘n treffer en is ons toe vandaar via die N12 huistoe



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? 24122009-1



Die aand sien ons toe RooiOre is reg vir TLC





Kersfees, 25 Des



Vroeg die oggend is Trudie, ek en Ihan kraal toe om die ding te gaan doen. Ihan is nuuskierig maar tog versigtig dat hy nie te naby wil staan nie. Ook maar bleddie trots op sy ma wat al hierdie snaakse dinge kan doen.



Ewenwel, RooiOre is nie ‘n sommerso koei nie. Sy is goed bedonnerd!



Deon Mathys is hierdie jaar Januarie amper onderstebo geloop. Dit het so gebeur.

Hulle kuier die dag by ons saam ander vriende, later die middag stap ons drie manne, Andrew Smith was ook by, om na die beeste te gaan kyk. RooiOre het toe net ‘n uur-of-wat tevore gekalf en sy is baie trots op haar jongeling. Dis toe te laat en te ver vir die kalfie om self kraal toe te stap en ek moes hom dra. ‘n Bulletjie was dit. Ek tel die kalf op en Andrew hou RooiOre van my lyf af want sy vertrou ons nie heeltemaal nie. Op pad kraal toe sien sy vir Deon op ‘n afstand en gaan vir hom! Hy moes onder ‘n swaar staaltafel in die werkwinkel induik om van haar weg te kom.



RooiOre is toe in die nekklamp gevang en dit was ‘n tyd voordat sy genoegsaam ontspan het vir Trudie om haar ding te doen.



Ons hoop dit sal hierdie keer (nege maande later) ‘n vers wees.



Verder heeldag tuis saam familie





Saterdag, 26 Des



Dave nooi ons die vorige dag om saam te ry tot in Klerksdorp vir hul eerste breakie. Ons doen saam en nadat die bootgroep vertrek wonder on swatter pad huistoe is die beste

Ons besluit toe op die ‘kortpad’ via Ventersdorp en Swartruggens.



Dis nou ek en Trudie, elk op ‘n fiets.



Die pad is nie te wafers nie maar die omgewing uitsonderlik. Dis meestal bees en graan plase en dan ‘n sarsie berge ook, veral die gedeelte net voor Swartruggens. ‘n Pad wat normale mense selde sal ry as hulle gauteng se kant toe neig, maar dan, ons het mos hierdie kortpad gekies.



Ons sien die Stasierestourant het weer deure oopgemaak vir besigheid en is mooi opge’jack’. Bikers is ook welkom. Ongelukkig is hy toe vir die dag, dis nog vakansiedag hoor! Op die plattelaqnd word sulke dae streng gedenk…



‘n Welkome Wimpyroomys later en ons is weer op pad – hierdie keer met die N4 via Rustenburg.



Ons besluit om die tolhekke tem is en ry die oupad o moor die damwal te gaan anderkant toe. Hoekom moet mens altyd oor die weqal wil ry op ‘n vakansiedag? As elke ander motoris in Gauteng ook oor dieselfde wal wil ry? Die verkeer is opgedam vir meer as ‘n kilometre, maar ons druk deur, ek aan die grondkant en Trudie probeer haar geluk aand die verbykant. Ons bereik die wal gelyktydig en gaan sierlik oor -0 met menige motoriste agtertoe wat ons beny!



598km vir die dag is ons tuis



Sondag, 26 Des



Saam besluit ons dis ‘n dag om ‘meestal’ tuis te bly en ry doelbewus met die bakkie om die beeste in die aangrensende weiveld te gaan bekyk. Geen fietse hierdie keer nie. Ons gaan eet ontbyt by Que Sera, met die bakkie maar ek het ‘n bikerhemp aan om darem die regte beeld uit te dra.



R50 per persoon is billik vir wat jy kry – om te eet.

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? 27122009079



Daar is nou enige motorfiets te sien, te kies en te keur!



Sien, ons kan eintlik nie wegkom van fietse nie!



Trudie besluit om af te gradeer wat haar motorfietssmaak betref en laat toe dat ek ‘n paar foto’s neem van haar by haar ‘gunstelinge’!



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? 27122009080



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? 27122009081



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? 27122009082



… en ons loop ons vriend Johan van Oostenrijk raak by sy ZX14, een van díe mooiste fietse vandag op die pad.



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? 27122009083



Vandaar koop ons die koerante en gaan huistoe…



Teen vieruur die middag begin ons alies weer jeuk.



Ek stel voor ons ry Witbank toe en gaan kyk na die Liggiehuis war vroeër op Kwela verbeeld is.



Vyfuur is ons op pad en kuier by die Dros in Witbank tot dit donker is.



Dit is só mooi daar is nie genoeg woorde nie. Kyk maar self



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0811



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0812



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0813



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0814



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0815



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0816



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0818



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0819



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0820



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0821
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 70
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by Wahl 29th December 2009, 20:42

Nou wonder ek ... sal die alies dalk oor die naweek jeuk?
Wahl
Wahl
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 306
Registration date : 2008-06-03

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by tj 29th December 2009, 20:46

Ofkors!

Wat beplan jy?
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 70
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by tj 29th December 2009, 20:54

Net om te bevestig ons is met die fietse Witbank toe...
Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0823
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 70
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by Wahl 29th December 2009, 20:57

Hierrie skip ouens in die Kaap maak my darem BAIE jeuk

Ek het nog niks beplan nie maar my alie jeuk ook .... nou nie vir 'n drukgang nie maar vir fiets ry.
Wahl
Wahl
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 306
Registration date : 2008-06-03

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by tj 29th December 2009, 21:03

Skerp Bru, skerp

Moenie dat die Gemmerkat jou in 'n hoek vaskeer nis!
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 70
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by dakardrix 30th December 2009, 00:46

Ek en pêlle gaan Saterdag Dullstroom recce, bietjie nuwe pad soontoe, 90% oue terug, maar meestal GS terrein. Twee van hulle ry besonder rustig en laat niemand hulle aanjaag nie, so as julle fietse kan organise...

Wahl, dink jy sal dit dalk geniet?

Ons ry 5:30 vanaf Engen hoek van Hans Strydom en Lynnwoodweg, ons begin oor Witbank, so ek skat teer innie begin.

Johan, ons kan selfs saam met julle begin, split anderkant Witbank en saam in Dullstroom aankom, so iets?
dakardrix
dakardrix
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 608
Age : 60
Location : Pretoria
My bike : F800GS
Registration date : 2008-12-11

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by Wahl 30th December 2009, 11:01

Sorry ek sit en kyk vir die thread nog die hele oggend en het nog nie geantwoord nie.

Sal baie graag wil saamgaan maar sal moet hoor wat se die baas - of ek op 'n Saterdag sal mag afkry ....
Wahl
Wahl
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 306
Registration date : 2008-06-03

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by Gemmerkat 30th December 2009, 12:08

Johan werk eers bietjie vanmore.

Hy sal eers later antwoord.
Gemmerkat
Gemmerkat
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 168
Age : 60
Location : Kempton Park
My bike : GR800 ST
Registration date : 2008-08-13

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by dakardrix 30th December 2009, 13:16

Wahl wrote:Sorry ek sit en kyk vir die thread nog die hele oggend en het nog nie geantwoord nie.

Sal baie graag wil saamgaan maar sal moet hoor wat se die baas - of ek op 'n Saterdag sal mag afkry ....

Dis ook hoekom ons Saterdag gekies het. Werk vir Brownie points op Vrydag, en haal weer in met familie op Sondag. So iets. Rolling Eyes


Geen haas nie, ons gaan in elk geval, gaan nie ons planne beinvloed nie. Weer lyk goed, lyk of die reën wat voorspel was besig is om te verdwyn, so roete sal lekker wees, non-threatening.
dakardrix
dakardrix
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 608
Age : 60
Location : Pretoria
My bike : F800GS
Registration date : 2008-12-11

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by Marnus 30th December 2009, 13:56

Daar is 'n 1200GS en 2 x 450's in my garage as julle wou leen. (aangesien ek soort van hulle nie gaan gebruik nie...). Drix, jy sal my maar later die pad gaan wys?

Wahl HAHAHA.. Lus vir bike ry en nie die drukgang nie HAHAHA!!! Ek wonder juis hoekom Gemmerkat laat weet het dat tj nie nou kan antwoord nie... Seker weer besig met die strooitjies Smile
Marnus
Marnus
Committee member
Committee member

Number of posts : 936
Age : 50
Location : Pretoria
My bike : R1200GSA / G450X / YZ450F
Registration date : 2008-11-20

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by Wahl 30th December 2009, 14:05

Marnus wrote:Wahl HAHAHA.. Lus vir bike ry en nie die drukgang nie HAHAHA!!! Ek wonder juis hoekom Gemmerkat laat weet het dat tj nie nou kan antwoord nie... Seker weer besig met die strooitjies Smile

Ek hoop net hy onthou hy is nie nou by die Wimpy nie
Wahl
Wahl
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 306
Registration date : 2008-06-03

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by tj 30th December 2009, 14:53

Ek watch julle!!

Het gaan gras sny in Bredell, 'n hele hektaar groot. Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Icon_cool

Sonder strooitjies. Daardie tipe word geblaas, NIE gesuig nie

Dullstroom:

Is julle getik om 05h30 al weg te spring? Is daai pelle SO staaaaaadig?

Dit sal nice wees om saam te ry, of julle daar te ontmoet. Stuur die roete dan kyk ons, asb
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 70
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by tj 30th December 2009, 15:35

Maandag, 28 Des



Ons het die dag stadig begin en later die oggend besluit ons moet ‘n gebreekte sleutel vir een van die stoorkamers se slotte gaan vervang. East Rand Mall het so’n plekkie wat nogal ‘n goeie job doen. Hierdie takie kon seker gewag het tot die nuwejaar maar ons het mos nou die tyd en alies jeuk…

Die ‘kortste pad’ ERM toe is via Bredell en R21, omtrent dubbel so ver as wat mense met motors sou ry. Die sleutel word gesny en ons drink ‘n koffie by Gazebo en besluit om huistoe te ry, elk op ‘n fiets natuurlik.

Op die N12 mis ons weer ons afrit en draai toe op die Delmas/Bronkhorstspruit-pad af. ‘n Nuwe roete vir ons en mooi natuurskoon. Die pad ry agter om die Bronkhorstspruitdam verby en sluit aan op die Bapsfonteinroete.

Op hierdie pad is ‘n nuwe weegbrugfasiliteit gebou. Nou nie juis nuut nie, dis reeds ‘n jaar gelede voltooi maar nog nooit in gebruik geneem nie. Die owerhede is seker nog besig om beamtes op te lei.

Omdat hierdie plek so lank leeg staan het motoriste (ons inkluis) die plek begin ignorer – tot nou.

Skielik word daar spoedtoetse gedoen en alle verkeer moet teen 60km/h deurbeweeg, Wel ons is deur op 89 en ek word toe afgetrek. Soos gewoonlik pak ek al my Afrika kennis uit en ons begin lekker gesels. Die ou is toe ook meer geinteresseerd in die motorfiets as in sy wetstoepassing, en dit pas my toe ewe goed. Hy wil weet hoe vinnig ek al gery het en hoeveel die fiets kos, ens.

Ten laaste is ons daar weg beste buddies – sonder ‘n boete.





Dinsdag, 29 Des.



Vroegoggend bel Trudie en Christa mekaar raak waar ons met koffie in die bed lê en hulle met tee en beskuit.

Vinnig kom ons ooreen om vandag uit te ry Loskopdam toe om te gaan kyk waar Ruby River Lodge is.

Sowat 08h30 ontmoet ons vir Christa en Peet by Bapsfontein en ry via die N12 tot in Witbank waar ons die agterpad neem na die dam. Dis nou ook hoe die GPS ons(my) lei.

Ek moet eers sê die Ruby odge kon ek nie op die GPS vind nie en het maar ‘n waypoint gemaak volgens hul internetkaart.

Net voor die damwal sê die GPS ons moet regs afdraai in ‘n sypad in. Dit lyk verdag maar ons aanvaar dis ‘n kortpad en word toe ook grondpad. Die GPS wys so 6km dan sal ons by ‘n ander pad uitkom. Ons vat die kans en daar ry ons GS – Trudie in die middel.



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Th_MVI_0825



By die omdraaipunt



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0827



Die pad is nie sleg nie en gou is ons klaar met die 6km. Maar toe lyk dit die pad loop eintlik dood en moet ons terug met die grondpad, tot by die teer en weer regs met die beskawing langs. Eintlik was die grondry ‘n goeie oefening en bewys net weer mens moet nie bang wees vir die elemente nie.

Doen hom net!

Ons kry toe die Lodge op die GPS maar dis verkeerd gespel – “Rubey”! En ry toe blitsig soontoe.

Hoekom hierdie plek? Dis die ontbytplek vir die 6e Junie se Breakie en dan ook die OnenighTer slaapplek.

Wel eerste indrukke tel en ons is aangenaam verras. ‘n Puik biker-stop as daar nou een in hierdie geweste was. Kyk maar self



Die kroeg se naam is Bike& Barrel, en die foto’s heel gepas.

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0837



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0830



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0828



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0829



Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0831



Die uitsig stroomop…

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0835



…en stroomaf

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0834



Hier kan ook sommer maklik lank oorgebly word

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0836



Die kos en drank is aan te bevele en ons middagete was smaaklik



Op pad weer by die weegbrug verby en daar is hulle steeds! Ons is deur teen 40km/h



So teen 16h00 se kant is ons terug by die huis.
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 70
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by dakardrix 30th December 2009, 17:41

Ruby lyk lekker!

Ek kan nie verstaan dat julle nie al lankal GS gekoop het nie - julle spandeer meer tyd deesdae op grond as teer... cheers Trudie lyk NIE happy nie... Suspect

5:30 - dis maar 'n GS ding... weet nooit hoe lank vat daai impromptu caches langs die pad nie! Ons KTM maatjie van Edenvale kry ons 6:00 in Bronkies.
dakardrix
dakardrix
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 608
Age : 60
Location : Pretoria
My bike : F800GS
Registration date : 2008-12-11

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by JCM 30th December 2009, 19:58

Hey TJ, wanneer presies is die Dullstroom-ding nou 'n moontlikheid?

Was verlede Sondag daar maar daar's mos niks fout daarmee om weer te gaan nie.

Ons kan daar ontmoet.....moet die telefoonnommers en bellery hierdie slag net regkry!!
....en nie diesel in die bike gooi nie!!!Laughing
JCM
JCM
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 154
Location : Wingate Park
My bike : R1200RT
[Anulos qui animum ostendunt omnes gestemus!]
Registration date : 2009-02-08

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by tj 30th December 2009, 21:38

Goed om te hoor jy is ook op die tuinroete JCM! Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Icon_lol

Die GS ouens se roete lyk nie te vriendelik vir ons fietse nie. Dalk moet ons maar op ons eie ry en moontlik in Dullstroom ontmoet?

Wahl, hoe lyk dit? Werk jy nog aan die Brownie points by die baas?
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 70
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by Wahl 30th December 2009, 21:53

tj wrote:Die GS ouens se roete lyk nie te vriendelik vir ons fietse nie. Dalk moet ons maar op ons eie ry en moontlik in Dullstroom ontmoet?

Het jy die roete gesien - jy weet ek kan gou bang gepraat word ....

Die brownie points kom aan, moet nog net vir haar braai Vrydag
Wahl
Wahl
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 306
Registration date : 2008-06-03

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by tj 30th December 2009, 22:18

Woensdag 30 Des

Pas teruggekeer van Danville in Pretoria. Gaan liggies kyk.

Nou ja, dis baie mooi, met baaaaie meer liggies as die huis in Witbank. Maar Witbank het net daardie meer oorspronklikheid en 'n verhaal wat uitgebeeld word. Danville het egter 'n enorme voedselprojek ook van stapel gestuur, en dit kan nooit misgekyk word nie.

Kyk self

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0839

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0840

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0841

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0842

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0843

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0844

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0846

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? IMG_0847
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 70
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by tj 30th December 2009, 22:23

Wahl wrote:
tj wrote:Die GS ouens se roete lyk nie te vriendelik vir ons fietse nie. Dalk moet ons maar op ons eie ry en moontlik in Dullstroom ontmoet?

Het jy die roete gesien - jy weet ek kan gou bang gepraat word ....

Die brownie points kom aan, moet nog net vir haar braai Vrydag

Ek stuur hom na jou. Soos ontvang van Drix.

Jy is welkom om die teer te takel saam ons. Niemand sal dink jy is 'n sissie nie.
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 70
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by Wahl 1st January 2010, 19:03

Sorry Drix maar die opstaan tyd het gewen (belowe dis die enigste rede, so veral pas na nuwejaar) sal saam met Johan hulle ry - Sien jou in Dullstroom
Wahl
Wahl
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 306
Registration date : 2008-06-03

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by dakardrix 1st January 2010, 22:24

Ag, die lekkerste gaan van Dullstroom terug wees, as jy wil. Ons tel 'n maatjie op in Bronkies teen 6vm, h/v R50 en R104... as 'n halfuur 'n verskil gaan maak.. Wink Anders sien ons julle by Harrie's?
dakardrix
dakardrix
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 608
Age : 60
Location : Pretoria
My bike : F800GS
Registration date : 2008-12-11

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by JCM 2nd January 2010, 00:54

Sien julle 10:00/10:30hr se kant by Harries in Dullstroom.

Ons vertrek 7:30/8:00hr uit Pta, ry N4, met waarskynlik 'n kortstondige stop by Middelburg Ultra Shell.
JCM
JCM
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 154
Location : Wingate Park
My bike : R1200RT
[Anulos qui animum ostendunt omnes gestemus!]
Registration date : 2009-02-08

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by Wahl 2nd January 2010, 17:31

Dankie Johan was lekker gewees
Wahl
Wahl
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 306
Registration date : 2008-06-03

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by (PC)2E 2nd January 2010, 20:15

Johan, die laast foto, wat het van die regter kant geword, hoekom kan ons dit nie sien nie? ek was daar! ek weet jy het nie die kwaai oom in die borrelbad afgeneem nie Surprised
(PC)2E
(PC)2E
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 128
Age : 57
Location : Pretoria
Registration date : 2009-01-05

Back to top Go down

Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie? Empty Re: Jan Tuisbly se Karretjie - Fietsie?

Post by Sponsored content


Sponsored content


Back to top Go down

Page 1 of 2 1, 2  Next

Back to top


 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum