BMW Motorcycle Club Pretoria
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.
Latest topics
» K 1200 GT FOR SALE ASKING R112 000.00 ono
by STEVE 19th November 2010, 13:45

» Three week Bliss
by Corlia 19th July 2010, 09:39

» From the UK - new element found in SA
by DaveS 7th July 2010, 18:53

» Tourmaster Airflow Pants
by Heretic 7th July 2010, 08:02

» Forum lockdown
by Admin 6th July 2010, 22:17

» New website, new forum!
by Marnus 6th July 2010, 20:10

» Who Will Win The Soccer World Cup
by 1150 adventure 4th July 2010, 12:06

» New forum?
by LeRoy Olivier 2nd July 2010, 10:40

» Your favourite photos
by Gert_GS_650 1st July 2010, 06:32

» NEW Clubhouse
by Thomas 30th June 2010, 21:44

Who is online?
In total there are 10 users online :: 0 Registered, 0 Hidden and 10 Guests

None

[ View the whole list ]


Most users ever online was 181 on 10th February 2021, 11:40
Statistics
We have 359 registered users
The newest registered user is Kruger

Our users have posted a total of 17455 messages in 1456 subjects

Election of the Chairman / Committee members

+22
V K Frik (LT)
Johann
loox
MichaelW
Koekels
JCT
BON
Richard H
JCM
DaveS
Sias
DotP
JohanGT
GSing
martin
Wahl
Corlia
Mud Pooh-bah
LeRoy Olivier
(PC)2E
Marnus
tj
26 posters

Page 1 of 3 1, 2, 3  Next

Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Election of the Chairman / Committee members

Post by tj 7th February 2010, 20:46

Die verkiesing van die Voorsitter:

Die Grondwet bepaal as volg:
7.1.4 The entire Committee shall be elected by ballot and after the election, such elected Committee shall then vote a Chairperson in, either by ballot or by a show of hands.
Soos die klousule hierbo duidelik toon, word die Voorsitter van die klub deur die Komitee aangewys/verkies.

Is dit nie dalk nou tyd om hierdie klousule te heroorweeg nie?

Normale demokratiese beginsels bepaal egter dat Kiesers hul leier aanwys en dat daardie leier dan in effek aan die kiesers verantwoordelik is. Die Komitee/Kabinet is eintlik net die masjienkamer wat die Voorsitter aanwend om die wense van die Kiesers te verwesenlik.

Is dit nie dan eintlik korrek dat die Lede tydens die AGM, nadat die komiteelede verkies is, nominasies te vra vir beskikbare lede uit die nuutverkose komitee wat gewillig is om hulle verkiesbaar te stel as Voorsitter? Die Lede kan dan gedurende dieselfde AGM dmv ‘n verkiesing die nuwe Voorsitter aanwys.

Voordele voortspruitend uit so’n wysiging?
- ‘n Populêre/Bekwame persoon word as Voorsitter verkies
- Die moontlikheid van lobbying binne die Komitee word uitgeskakel.
- Die Voorsitter kan deur die lede tot verantwoording geroep word.

Is dit moontlik om hierdie punt op die AGM se agenda te plaas vir bespreking/besluit?

Dit sal ook baie baat as Lede hierdie forum benut om die kwessie te bespreek/debatteer? Soos met die Ouderlingkomitee?
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 69
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by Marnus 9th February 2010, 08:15

More tj. Sjoe maar dit is vroeg om met sulke beginsels te worstel, maar ek gee my opinie graag Election of the Chairman / Committee members Icon_tongue

tj wrote:Normale demokratiese beginsels bepaal egter dat Kiesers hul leier aanwys en dat daardie leier dan in effek aan die kiesers verantwoordelik is. Die Komitee/Kabinet is eintlik net die masjienkamer wat die Voorsitter aanwend om die wense van die Kiesers te verwesenlik.

Eintlik stem kiesers vir 'n party wat vir 'n sekere saak staan en die party wys hulle leier aan wat hulle gaan verteenwoordig. Tensy dit America's got Talent, Idols of Survivor is, stem die mense nie vir 'n persoon nie (al het hulle gesigte op stembriewe begin aanbring vir diegene wat nie seker is oor die spelling van hulle party se naam nie!!!)

tj wrote:Is dit nie dan eintlik korrek dat die Lede tydens die AGM, nadat die komiteelede verkies is, nominasies te vra vir beskikbare lede uit die nuutverkose komitee wat gewillig is om hulle verkiesbaar te stel as Voorsitter? Die Lede kan dan gedurende dieselfde AGM dmv ‘n verkiesing die nuwe Voorsitter aanwys.

Ek vra myself net altyd af - hoekom werk dit nie al lankal so nie? Miskien kan die ouderlinge vir ons vertel wat het gebeur to ons dit laas gedoen het. Maar dit is nie 'n slegte voorstel nie. Die komitee word demokraties verkies, en daarby die voorsitter. Kom ons vat 'n voorbeeld. Eendag op 'n reendag sluit 15 Hells Angels by ons club aan, nomineer hulle verteenwoordiger om op die komitee te dien, en by wyse van hulle relatiewe verteenwoordiging kry sommer hulle baas verkies as voorsitter. Ok, ek weet dit is "highly unlikely", maar ek wou net 'n scenario op die lappe gooi Smile

tj wrote:
Voordele voortspruitend uit so’n wysiging?
- ‘n Populêre/Bekwame persoon word as Voorsitter verkies
Ek stem saam met die eerste opsie

tj wrote:
- Die moontlikheid van lobbying binne die Komitee word uitgeskakel.
Dan vind lobbying binne die hele klub plaas. Selfde beginsels, net op 'n heelwat groter skaal en heelwat groter gevolge.

tj wrote:
- Die Voorsitter kan deur die lede tot verantwoording geroep word.
As ek nou 'n probleem met voorsitter XYZ het, hoe roep ek as lid hom/haar tot verantwoording? Moet ek as lid 'n vergadering bele? Of moet ek as lid 'n komitee in die lewe roep? Of gryp ons almal grawe, vurke, harke en fakkels en marseer op na Bavarian terwyl ons skree "Na die valbyl toe!!!!" Jammer, ek gaan in vervoering in, maar ek probeer 'n punt illustreer. Of almal moet 'n jaar wag en die volgende populere persoon tot voorsitter verkies.

tj wrote:
Is dit moontlik om hierdie punt op die AGM se agenda te plaas vir bespreking/besluit?

Dit sal ook baie baat as Lede hierdie forum benut om die kwessie te bespreek/debatteer? Soos met die Ouderlingkomitee?

Ja, hierdie is my 2c bydrae, maar nou moet ek my regte werk gaan doen!
Marnus
Marnus
Committee member
Committee member

Number of posts : 936
Age : 49
Location : Pretoria
My bike : R1200GSA / G450X / YZ450F
Registration date : 2008-11-20

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by (PC)2E 9th February 2010, 08:28

Ek stem 100% saam met die siening van Johan. Ons het n baie goeie klub, met "great" lede. Sonder lede het die komitee/kabinet en Voorsitter ook nie n bestaan/Werk nie... So my opinie, die komitee/Kabinet/Voorsitter werk vir die LEDE..... SO DIE LEDE MOET BESLUIT WIE HULLE DIEN.
Laat ons as lede n sê hê....miskien n 50/50 ratio...komitee 50% stem en die ander 50% vanaf lede.
Kom ons wees weereens demokraties, kom ons plaas dit op die "FORUM" onder "POLLS" en laat die lede stem Question
(PC)2E
(PC)2E
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 128
Age : 57
Location : Pretoria
Registration date : 2009-01-05

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by LeRoy Olivier 9th February 2010, 08:45

I wont go into so much detail as Marnus & TJ - but this might be an interesting way of including all in the decision making process. Fully support this.
LeRoy Olivier
LeRoy Olivier
LT Fanatic

Number of posts : 1394
Age : 62
My bike : K1200LT
Registration date : 2008-06-09

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by Mud Pooh-bah 9th February 2010, 09:26

I tend to disagree. I have seen in the past that people tend to have a "public" image and when it comes to performing work on the committee, you get a total different picture. It is not necessarily the loudest member that performs the hard donkey work. I have seen this in several committees and mostly in our club's committee.

The average club member does not have exposure to committee meetings and the work and dynamics it entails.

I believe the system we currently have where leaders comes through the ranks and become committee members is an effective filtering system.

Also the chairman is chosen by the committee who understands what tasks needs to be fulfilled. Any team should choose a leader thay are comfortable with.

Just remember that Popularity does not necessarily equal Capability.

That is the realism on the one hand.

Then we have on the other hand the question of availability. The committee might become a very tight knitted group and if not managed correctly it might not be able to give new blood the opportunity to lead. The mechanism where the club chooses the chairman might the solve this problem.

So now the question beckons: what is practical and what works?

1. Do we just abandon the system that has served our club very well for the past 12 or 13 years??
2. Do we try a new system that in the beginning years rendered not satisfactory results (I am willing to give facts in a private capacity to illustrate the point...) Also remember that our club has evolved and the system might now proof to be effective.
3. Do we tweak the current system or the previous system??


Any suggestions??
Mud Pooh-bah
Mud Pooh-bah
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 458
Age : 114
Location : Petoorsdorp
My bike : BMW R1150 GS Adventure, Yamaha WR250F, Suzuki DR200 and counting
Registration date : 2008-06-10

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by Corlia 9th February 2010, 11:59

I agree with most of what is said by Marnus and think it is very well said. What a Face
My 2c… Arrow
The club members vote certain individuals on to the committee, right? If they do not feel comfortable with the decision-making capabilities of that same committee (like to appointment of the Chairman), why on earth did they vote for that committee? Question In essence, the club members need to vote for a committee with whom they would feel comfortable with in making decisions for the club, acting on behalf of the club and running the club. Exclamation And as Mud Pooh-bah also indicated, that committee would then decide which person on the committee would be best suited to act as Chairman of the club, taking into account the tasks and responsibilities that that person would have to take on. king The committee, who needs to work together as a team, needs to be comfortable with their Chair, in order to promote efficiency.
So, in my honest opinion, I can’t see any reason to change the current system of electing a Chairperson. scratch
Corlia
Corlia
Committee member
Committee member

Number of posts : 335
Age : 40
Location : Meyerspark
My bike : Dakar 650 GS Pillion
Registration date : 2008-07-15

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by Wahl 9th February 2010, 13:19

As Marnus said, we vote for the party not the leader.

I am sorry - I ride bike for my pleasure - I am not sitting through a marathon AGM. Please accept my apologis now for the AGM
Wahl
Wahl
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 306
Registration date : 2008-06-03

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by martin 9th February 2010, 14:41

I agree with Corlia, and cant see a reason for change unless something has happend that we are unaware of to prompt this Election of the Chairman / Committee members Icon_scratch
martin
martin
Supercharged
Supercharged

Number of posts : 56
Age : 61
Location : pretoria
My bike : 1200GS , R90S
Registration date : 2009-04-01

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by GSing 9th February 2010, 17:05

+1000000 WHAL!!

Please accept my apology also for not attending the AGM, if we move it to along weekend I can attend.

PS - Voting for a club house, chairman etc etc what's next?
GSing
GSing
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 189
Age : 48
Location : Pretoria
Registration date : 2008-03-03

http://www.gps4africa.co.za

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by tj 9th February 2010, 17:26

[quote="

PS - Voting for a club house, chairman etc etc what's next?[/quote]

Any new ideas? Very Happy Twisted Evil

Pauli. Dis eintlik omdat hierdie klub op sulke sterk formele fondasies gebou is dat almal so gelukkig is hier...
...maar soms is dit tog nodig om dinge te bepraat.

Die klub se doelstellinge, beginsels en optrede word gelei deur die grondwet. Ons lewe in veranderende tye en dit is net reg om te kan gesels. Ek besef daar is baie lede wat nog nooit 'n oog gelê het op die grondwet nie en het begrip daarvoor. Maar dan is daar andere vir wie hierdie fondasies tog belangrik is.

Dis nie nodig dat die AGM laat/lank gerek word nie. Dis mos hoekom ons 'n forum het om daaroor te gesels en die gedagtes goed te skommel. By die AGM kan net gestem word -Ja of Nee.

As jy elke bydrae hierbo mooi lees dan kan jy sien daar is meriete in elke siening - 'n teken dat die onderwerp tog nie so boring/onbenullig is nie.

Dit net jammer dat eintlik so min van ons lede aktief aan die forum deelneem. Dan sou ons darem sports gesien het
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 69
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by Marnus 9th February 2010, 18:26

Tj - ek deel jou behoefte aan gesonde debat oor die dinge wat saak maak, maar ek verstaan nie 100% die fokus op die klub se grondwet nie?

As ek byvoorbeeld in 'n oop mangat inry en my motorfiets beskadig (behoede my!), sorteer ek dit met die versekering / stadsraad uit. As hulle nie wil luister nie, vat ek hulle hof toe. As die hof nie wil luister nie, gaan ek na die appelhof toe. Die bank van regters kyk dan na die grondwet om 'n beslissing te maak.

Hierdie fondasie is veronderstel om die laaste plek te wees waar iemand opeindig indien probleme nie opgelos word nie. Indien die grondwet goed genoeg is om uiteindelik 'n verskil te maak, sal ek veel eerder tyd en energie spandeer om dinge uit te sorteer voordat die grondwet geraadpleeg hoef te word. En heelwat eerder sukkel om my motorfiets deur die rivier te kry Wink

Askuus, vanoggend vroeg het ek nog nie klaar gedink nie Rolling Eyes Very Happy
Marnus
Marnus
Committee member
Committee member

Number of posts : 936
Age : 49
Location : Pretoria
My bike : R1200GSA / G450X / YZ450F
Registration date : 2008-11-20

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by JohanGT 9th February 2010, 18:39

Wat 'n voorreg om deel te wees van 'n klub waar ons dinge kan bespreek om die werking van die klub te verbeter in plaas daarvan om te bespreek hoe ons die klub aan die gang kan kry of uit die gemors kan haal.

Ek dink dit is die regte ding dat hierdie link geskuif is waar die komitee eers die saak kan bespreek voordat ons publiek gaan daarmee. Niks wat die komitee doen behoort weggehou te word van die klublede af nie, maar wanneer ons begin om dinge te bespreek moet die indruk nie geskep word dat die klub in die moeilikheid is nie. Ons kry gedurig meer lede en ons geldsake (klink dit my) is ook nie beroerd nie. Die mense geniet die ritte en en hulle kry baie geleenthede om nuwe plekke te sien danksy die harde werk van 'n klein groepie mense.

Ek sal graag my mening wil lug oor twee verskillende aspekte wat hierbo uitgelig word:

Die Voorsitter
Die gewildste persoon maak nie noodwendig die beste voorsitter nie. Nou kies die AGM 'n voorsitter en die komitee sit met die persoon opgeskeep omdat die persoon nie vergaderings kan of wil lei nie. Die Voorsitter se werk is onder andere om seker te maak die mense doen die werk waarvoor hulle aangestel is en om seker te maak dat die komitee goed funksioneer.

Die Gedrag van die Voorsitter of ander lede
Nou kan dit gebeur dat die voorsitter nie die werk doen waarvoor hy / sy aangestel is nie, of dit swak doen ens. Die klub se getalle neem af en die geldsake begin agteruit gaan. Nou moet daar aksie geneem word.

Een moontlikheid is om 'n tugkomitee te skep waarop alle vorige voorsitters dien (wat eervol uit hulle poste getree het), die huidige voorsitter (tensy die huidige voorsitter in die "beskuldigde bank" sit, die Vise Voorsitter en die voorsitters van die twee Rides Committees. Die "beskuldigde" kry nou ook kans om iemand te kies om hom / haar te verteenwoordig indien die persoon so sou voel.

Wie kan voor die Tugkomitee verskyn?
- Iemand wat die klub se naam skade aandoen. So 'n persoon mag dan uit die klub geskors word, slegs gewaarsku word of "koelkas" toe gestuur woord. Dit sal net sin maak as ons die lys van klublede op die web sit sodat iemand dit kan gaan opsoek (soos lede van 'n professionele organisasie soos ECSA ens). Hier kan dinge soos herhaaldelike dronkenskap en swak gedrag tydens BMW byeenkomste, mense wat herhaaldelik die klub se naam op 'n onwettige / onwaardige manier gebruik om hulle eie besighede te bevorder ens.

- Iemand wat die klub of die klublede benadeel. Dit sluit mense in soos diewe, mense wat nie hulle ledegelde betaal nie, bakleiers ens. (Ek wou hier ingesluit het mense wat nie throttle control het nie maar netnou neem iemand dit persoonlik op - he he Wink )

Oor die detail kan 'n mens nog baie meer uitbrei en verfyn. Ons kan die grondwet verander om vir hierdie komitee voorsiening te maak. Ons moet net onthou dat ons nie die indruk moet skep dat daar nou ontsaglike probleme is en dat die kub se ledetal met die helfte geval het en die klub bankrot is nie. Ons is net besig om seker te maak dat probleme wat opduik op die mees effetiewe manier hanteer word sonder om ons oog van die bal af te haal - lekker ry en saam kuier met min "red tape".

Weereens baie dankie vir almal wat so graag wil sien dat die klub reg bestuur word, julle verdien baie meer erkenning as wat ek in staat is om vir julle te gee.
JohanGT
JohanGT
Committee member
Committee member

Number of posts : 246
Location : Midrand Johannesburg
My bike : K1200GT
Registration date : 2008-06-06

http://www.maartenspro.com

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by DotP 9th February 2010, 23:21

.... en ek wil net ry, wil net ry, wil net ry!

Ek het waardeering vir almal se insette hier bo. Dit is jammer dat uit 'n klub van 350+- lede, daar net 12 of 15 mense is wat bereid is om hul tyd op te offer... nie eens ek is meer bereid om dit te doen nie.

Party lede waardeer dit nie, party is klakouse en ander gee net eenvoudig nie om nie, en lewer geen werklike bydrae nie... moontlik is Johan (TJ) se punt vir ‘n bespreeking reg, moontlik is Pieter (Mud-pooh-bah) of die ander reg... maar ek wil geensins 'n deel van 'n klub wees waar daar oneenigheid is nie. Waar daar nie merderwytse respek is nie, en veral nie waar vriende van mekaar begin verskil en baklei nie... ek wil net ry, wil net ry, wil net ry, en wanneer ons weer by die punt kom waar ons as 'n groep, as ‘n klub deel van mekaar kan wees - sonder ondermeining, sonder klagtes, sonder persoonlike agenda’s of komplikasies, stel ek myself en my tyd weer beskikbaar, maar tot dan... wil ek net ry...
DotP
DotP
Supercharged
Supercharged

Number of posts : 52
Location : Centurion
Registration date : 2008-06-08

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by JohanGT 10th February 2010, 00:42

DotP wrote:.... en ek wil net ry, wil net ry, wil net ry!
... maar ek wil geensins 'n deel van 'n klub wees waar daar oneenigheid is nie.[/i]...

Ek dink die antwoord som die meeste mense (350 - 15) se opinie op. Net die kerkraad stel belang in hulle probleme. Die meeste van die goed waaroor die kerkraad baklei het niks te doen met jou redding of jou voorspoed nie.

Voordat ons so vreeslik debateer oor hoe om die klub te bestuur, moet ons onsself die volgende vrae vra:
- Sal dit die klublede veiliger maak?
- Sal dit die ritte meer plesierig maak?
- Kan die klub dit bekostig?

Ek glo dat ons dan net oor belangrike dinge sal praat, en nie ons tyd sal spandeer met redenasies wat nie produktief gaan bydra tot die 350 - 15 lede se ry-genot nie.
JohanGT
JohanGT
Committee member
Committee member

Number of posts : 246
Location : Midrand Johannesburg
My bike : K1200GT
Registration date : 2008-06-06

http://www.maartenspro.com

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by Sias 10th February 2010, 09:53

Hierdie is ‘n moeilike saak om ‘n mening oor te lig siende dat ek nie juis ondervinding in die saak het nie. Ek neig om saam te stem met die verkiesing van ‘n komitee en dan moet hierdie komitee besluit wie is die voorsitter. Dit werk so in die politiek, sport, projekspanne, ens. en ek dink nie dit is toevallig nie. Hierdie is ‘n resep gebaseer op die verlede se floppe. Ek is seker dit is nie ‘n foutlose resep nie, maar dit is die beste wat daar is (op hierdie stadium in elk geval). Daar is verskeie maniere om ‘n ding te doen en daar is nie net altyd ‘n reg of verkeerd nie. Dus, daar is meer as een regte manier om ‘n voorsitter te kies en ek dink die huidige manier het die minste potensiaal om te backfire… What a Face
Sias
Sias
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 548
Age : 41
Location : Pretoria
My bike : F650GS Dakar
Registration date : 2008-07-10

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by Mud Pooh-bah 10th February 2010, 10:29

DotP wrote:.... en ek wil net ry, wil net ry, wil net ry!

Ek het waardeering vir almal se insette hier bo. Dit is jammer dat uit 'n klub van 350+- lede, daar net 12 of 15 mense is wat bereid is om hul tyd op te offer... nie eens ek is meer bereid om dit te doen nie.

Party lede waardeer dit nie, party is klakouse en ander gee net eenvoudig nie om nie, en lewer geen werklike bydrae nie... moontlik is Johan (TJ) se punt vir ‘n bespreeking reg, moontlik is Pieter (Mud-pooh-bah) of die ander reg... maar ek wil geensins 'n deel van 'n klub wees waar daar oneenigheid is nie. Waar daar nie merderwytse respek is nie, en veral nie waar vriende van mekaar begin verskil en baklei nie... ek wil net ry, wil net ry, wil net ry, en wanneer ons weer by die punt kom waar ons as 'n groep, as ‘n klub deel van mekaar kan wees - sonder ondermeining, sonder klagtes, sonder persoonlike agenda’s of komplikasies, stel ek myself en my tyd weer beskikbaar, maar tot dan... wil ek net ry...

Dot

Ek voel presies dieselfde. Hierdie is my stokperdjie en my ontsnapping van al die daaglikse gejaag en debat en konflik. Indien dit sou blyk dat hierdie gewoel nie meer met my oogmerke oplyn nie, moet 'n mens maar terugstaan en begin vrae vra.

Ek dink ook dis partykeer goed om bietjie nabetragting te doen en te kyk hoe ons die klub kan verbeter. Solank dit net nie gedoen word met emosie en persoonlike agendas nie, is daar absoluut niks verkeerd daarmee nie. Dit is die normale proses van verbetering en groei. Ons wil immers nie he ons klub moet stagneer nie.


My filosofiese uitkyk op dit is as volg:
Vir die wat liewer wil debatte wen is daar die debatskompetisies en klubs - Ek glo ons klub sal goed kan doen by so 'n kompetisie Laughing

Dan het ek ook die volgende wysheid wat ek graag sou wou deel:

"If Peter has a problem with everybody, then Peter is the problem"

Use it, do not use it.......

NS Ten minste kry ons goeie kykergetalle


Very Happy
Mud Pooh-bah
Mud Pooh-bah
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 458
Age : 114
Location : Petoorsdorp
My bike : BMW R1150 GS Adventure, Yamaha WR250F, Suzuki DR200 and counting
Registration date : 2008-06-10

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by tj 10th February 2010, 11:55

Ek wil graag my openingstelling motiveer;

In die mees moderne demokrasie vandag (VSA) word die President deur die party genomineer en deur die individuele kiesers verkies. In meeste van die eiendomstrustees in ons eie samelewing word die Voorsitter deur die individuele inwoners verkies. Die Voorsitter is in werkilkheid in diens van die inviduele lede and is net die Leier van die span. Hy behoort/kan dan na die lede terug te gaan wanneer hy met sekere sake in die komitee nie tevrede is nie. Hy is gewoonlik ook 'n bekwame persoon - ek kan tog nie dink ons slim lede sal 'n onbekwame maar populêre individu verkies as Voorsitter nie?

Hierdeur is daar dan ook 'n kommunikasiekanaal geskep waar gewone lede direkte toegang tot die komitee het. Tans voel ek die komitee en gewone lede is effens verwyderd van mekaar, in die formele sin bedoel.

Ek het ook die moontlikheid van 'lobbying' genoem en Marnus het dit weer (tereg) uit 'n ander hoek benader. Tog is dit maklik vir een komiteelid om die komitee te beïnvloed in die nominasie/verkiesing van 'n Voorsitter. Hier is dan 'n sterk moontlikheid van suksesvolle "favouritism". In die groter geheel sal 'n klein groepie dit moeilik vind om die meerderheid op die AGM se mening te swaai en kan daar vertrou word op goeie oordeel in die verkiesingsproses.

Wat my motiveer in hierdie saak: As een gewone lid, nadat die uitslag van die Voorsitterverkiesing aangekondig is, verontwaardig sou vra: " Ag nee, hoe kon hulle daardie persoon as Voorsitter kies?" - dan is dit vir my duidelik 'n lid is ontervrede met 'n komiteebesluit en begin die saadjie van wantroue ontkiem, en skort daar dan iets in die opset. Hierdie persoon sou nie so opgetree het indien hy/sy betrokke was in die verkiesing nie, wen of verloor.

Is dit nie 'n redelike motief nie?

Indien enigiemand my dalk as "Peter" wil sien, is hulle welkom. Surprised
tj
tj
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 674
Age : 69
Location : Bapsfontein Area
My bike : K1300GT
Registration date : 2008-06-02

http://www.maree.co.za

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by DaveS 10th February 2010, 12:13

Is dit 'Peter' in die pumpkin eater sin? Shocked (miskien het ek daai een vertel op die 'Ladies trip' wat jy gemis het? Twisted Evil
DaveS
DaveS
Committee member
Committee member

Number of posts : 1428
Location : Centurion
My bike : R1200GSA: R1200S(I think - has been annexed by Dorothy): S1000RR
Registration date : 2008-07-28

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by GSing 10th February 2010, 13:59

Dankie manne, ek dink ek weet nou wie's "Peter".
GSing
GSing
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 189
Age : 48
Location : Pretoria
Registration date : 2008-03-03

http://www.gps4africa.co.za

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by JCM 10th February 2010, 14:15

GSing wrote:Dankie manne, ek dink ek weet nou wie's "Peter".

Noudat jy dink jy weet wie Peter is, se vir hom hier's die plek waar mens kla........
http://www.hellopeter.co.za/
Smile
JCM
JCM
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 154
Location : Wingate Park
My bike : R1200RT
[Anulos qui animum ostendunt omnes gestemus!]
Registration date : 2009-02-08

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by DaveS 10th February 2010, 14:22

JCM wrote:
GSing wrote:Dankie manne, ek dink ek weet nou wie's "Peter".

Noudat jy dink jy weet wie Peter is, se vir hom hier's die plek waar mens kla........
http://www.hellopeter.co.za/
Smile

Waaroor wil jy nou kla?? Rolling Eyes
DaveS
DaveS
Committee member
Committee member

Number of posts : 1428
Location : Centurion
My bike : R1200GSA: R1200S(I think - has been annexed by Dorothy): S1000RR
Registration date : 2008-07-28

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by JCM 10th February 2010, 14:37

DaveS wrote:

Waaroor wil jy nou kla?? Rolling Eyes

Waaroor ekke wil kla.....ag, lyk my vandag sommer oor als!

En Peter (wie hy ookal mag wees), wat met almal probleme het en daarom die probleem is, kan by die ander Peter gaan kla oor sy Peter-wees probleme. Wink
JCM
JCM
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 154
Location : Wingate Park
My bike : R1200RT
[Anulos qui animum ostendunt omnes gestemus!]
Registration date : 2009-02-08

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by Richard H 10th February 2010, 21:57

Shocked
I find this discussion most interesting - it shows there is some real interest in matters relating to the Constitution of the Club!

The Club's current constitutional model is similar to the method used in the Republic of South Africa, where the leader (the President) of a group is chosen by the group (The Party) that is elected into office by the general electorate. In the Club's case, management of the Club's affairs is entrusted to seven persons, elected to the Committee by the membership. These seven elected members in turn elect as Chairman one person from within their group, in whose leadership the majority of the committee members has confidence. Should the leader lose that group's confidence, the Chairman can be removed from office by means of a simple majority in a Committee meeting, and a successor is then elected by the same Committee. This was demonstrated in South Africa by the removal from office of Thabo Mbeki and his replacement by Kgalema Mohlanthe. The process does not require any major disciplinary / impeachment process by the electorate (members) and due process set out in the constitution is followed. The team either has confidence in the leader - or they do not. If a single member / minority of the team does not have confidence in the team's leader, they have only two options - either accept the majority decision, or resign.

(Political parties have no patience for people who do not accept majority decisions.
If a Cabinet Minister cannot accept a majority decision of the Cabinet, then they resign...)

The alternative proposed by TJ above is similar to the American electoral process - an Executive President, directly elected by the electorate (membership). This in theory give total power to the President, who may hire and fire anyone - because the President enjoys the popular vote of confidence of millions. Those who know exactly how the US electoral college system functions will know that a President can be elected into office by a minority of popular votes - as long as they take the majority of States. One need only look back in US history to see how difficult it was to impeach Richard Nixon and to force him to step down when he actually broke the law. Remember how Bill Clinton stayed on in office long after the majority of American voters found him unacceptable as their leader? Removal of an incompetent but popular leader is virtually impossible - take Ronald Regan for example.

In a Club's case, the danger of this system lies in voting in a person who may be popular (or merely not unpopular) but possibly does not have the ability, aptitude or attitude to lead a team and then either cannot find anyone willing to serve under them or alternatively co-opts and dismisses a series of yes-men to meet their purposes. The removal of an Executive Chairman must also be very seriously considered and written down. Imagine, for example that one elected a popular person who turns out to be a fraudster and strips the clubs funds and reserves between one AGM and the next...!

There is yet another alternative in commerce:
The signatories to the Club's affairs are:
1) the Chairman,
2) The Treasurer and
3) The Secretary
These persons form a virtual Executive Committee - similar to the CEO, Financial Director and Company Secretary in a company.
In commerce, these persons are mandated to handle the day-to-day running of the company and they report to a higher authority - the Board of Directors - representing the Shareholders / members. The Board is legally empowered to appoint the CEO / Financial Director / Company Secretary and can both ratify or reverse decisions of the Executive, and they can remove any or all of the Executive Committee by a simple resolution of the Board.
(This model was possibly an option mooted by others in a poll on this site recently)

All of the above models have their particular advantages and disadvantages.
Each must have its own unique checks and balances to both empower + mandate executives and to set limits / boundaries to those elected to run the Club. From a procedural point of view, the Constitution of the Club is a written legal document.
It can only be amended by means of a resolution of the Annual General Meeting or a Special General Meeting.

I believe that the AGM is a not place for vague, open-ended debate.
The AGM is a place for decision-making.

This forum is a suitable place for debate and discussion. So too is a task team mandated by the members to carefully and calmly consider changes to the constitution. We don't talk about changing the rules of a rugby game after the whistle is blown. We also don't debate on the field whether there should be one referree or three, or discuss on the pitch whether the Graham Smith must first call a Proteas team meeting before deciding to declare an innings in a cricket match.

By all means indicate a particular direction or set first principles in a general meeting, but the detail implications are not something to be rushed into. Constitutional change is a matter for careful, considered consultation. Cool
Richard H
Richard H
Senior Contributor
Senior Contributor

Number of posts : 625
Age : 69
Location : Jacaranda City
My bike : R1200GS, R100S
Registration date : 2008-06-09

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by BON 11th February 2010, 10:43

Very clear Richard!!!
Thanks for the explanation.
BON
BON
Turbocharged
Turbocharged

Number of posts : 176
Location : Centurion
My bike : R 1200 GS (RSA)
R 1200 GS ADV (BRA)
Registration date : 2008-10-06

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Verkiesing van die Voorsitter

Post by JCT 11th February 2010, 11:59

Ek is nuut by die klub en tog ietwat verbaas oor hierdie debat. Gaan dit om die Klub te verbeter of om iemand se eie agenda te bevorder?

Die stelsel soos dit tans daar uitsien is in pas met moderne besigheidspraktyke en demokraties. Lede het die geleentheid om jaarliks nuwe verteenwoordigers aan te stel indien hulle ontevrede is met die verkose persone.

Laat ons, ons gemeenskaplike passie ten volle uitleef!!!!
JCT
JCT
I have to post more . . .
I have to post more . . .

Number of posts : 5
Age : 64
Location : Pretoria
My bike : K1200GT
Registration date : 2009-11-20

Back to top Go down

Election of the Chairman / Committee members Empty Re: Election of the Chairman / Committee members

Post by Sponsored content


Sponsored content


Back to top Go down

Page 1 of 3 1, 2, 3  Next

Back to top

- Similar topics

 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum